Casos Beach House
Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 11 Mrt 2025 tot 30 Nov 2025.
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 7 Casos Way, Langebaan, 7701, Wes-Kaap
-
Vanaf
R4 500R4 050 per nag (plek vir 10) -
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Casos Beach House is by Calypso Beach en bied asemrowende see-uitsigte. Dit is in 'n veilige area met 24 uur-sekuriteitspatrollies, nie ver van Langebaan se middedorp wat 2 minute se ry vanaf Club Mykonos en die Laguna Mall is nie.
Dié strandhuis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer op die boonste verdieping het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede en derde slaapkamer bo het 2 enkelbeddens elk. Die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en die vyfde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort, toilet en wasbak, en die derde badkamer het 'n stort.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n etenstafel met stoele, en hierdie area lei na die ruim sitarea met gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV met DStv. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Die skuifdeure lei na die balkon met meubels en braaigeriewe. Hier kan gaste die lieflike uitsigte oor die see en die heerlike seebriesie geniet. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Dié huis is 6 km vanaf die Langebaan-strandmeer en aktiwiteite in die omliggende area sluit vlieërbranderry, voetslaan en voëlkyk in.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Shanaaz Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 7 Casos Way, Langebaan, 7701, Wes-Kaap
- Gaste dink Casos Beach House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 7 Casos Way, Langebaan, 7701, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang