Successfully reported

Chakas Cove 55

Selfsorg

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Jolandi G
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Apr 2025

Ontspannend. Heerlik gebly. 10 uit 10.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Rounel C
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2025

Dit was baie lekker, ek sal net graag 'n aircon wou gehad het. Baie lekker gekuier. Sal weer daar wil gaan kuier. Die uitsig is pragtig. Ek sal die verblyf aan my vriende voorstel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ballito Accommodation
Chakas Cove 55
Thank you for leaving a review, we truly appreciate your feedback and hope to welcome you to Ballito again soon. Kind regards, Dayle from Ballito Accommodation

Anton N
Kort verblyf Gesin met tieners
4.6
Jul 2025

Lekker plek om te bly, redelike waarde vir geld. Plek is netjies en skoon. Baie mooi uitsig en goed geleë. Klein beginpakkie met skottelgoed tablette, koffie, tee en toiletbenodigdhede was baie handig, veral vir die 1ste aand as jy nie alles kon saamvlieg nie. Paar klein goedjies wat pla. Gasbraaier werk nie baie goed nie, 1 skakelaar is gebroke. Gas het ook opgeraak, gelukkig aan die einde van die braai. Kort 'n paar kleiner oondbakke in die kombuis en meer as 5 koffiebekers. Stel voor dat julle 'n verduideliking gee oor hoe die wasmasjien werk. Kon nie iets op die internet kry nie en weet nou nog nie of die kombinasie droogfunksie nie werk nie en of ons dit net nie kon regkry nie, maar na 4 ure 30 minute op was- en droogfunksie, het klere steeds nat gebly. TV werk goed, maar kan net Netflix gebruik, want ander opsies soos Prime ens. kort wagwoorde wat nie verskaf is nie. Alles was klein goedjies, maar dit keer dat ek dit 'n 5 ster ervaring kan gee.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Ballito Accommodation
Chakas Cove 55
Baie dankie vir julle terugvoer – ons waardeer dit opreg dat julle die tyd geneem het om julle ervaring met ons te deel. Ons is bly om te hoor dat julle die netheid, ligging, uitsig en die beginpakkie waardeer het – dis vir ons belangrik dat gaste gemaklik aankom en kan ontspan vanaf hul eerste aand. Dankie ook vir die nuttige voorstelle en opmerkings. Ons neem kennis van die probleme met die gasbraaier en die gas wat opgeraak het – dit sal dadelik aan die eienaars en dienspan oorgedra word sodat dit aangespreek kan word. Ons sal ook seker maak dat daar voldoende oondbakke en koffiebekers is in die kombuis. Wat die wasmasjien betref, vra ons omverskoning vir die onduidelikheid. Ons sal 'n eenvoudige handleiding of instruksieblad opstel en in die eenheid plaas sodat toekomstige gaste maklik kan sien hoe dit werk en watter funksies beskikbaar is. Wat betref die slim-TV, ons bied tans slegs toegang tot Netflix via die Smart Box met eie intekenbesonderhede. Ons sal egter jou kommentaar in ag neem en ondersoek of daar 'n beter oplossing is vir toegang tot ander platforms. Weereens dankie vir julle waardevolle terugvoer – dit help ons om voortdurend te verbeter. Ons hoop om julle weer te verwelkom en om volgende keer daardie vyfster-ervaring te kan lewer! Vriendelike groete, Bridget

Sonal D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Apr 2025

Lovely. Clean flat. Excellent service from the booking company. Wonderful view.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ballito Accommodation
Chakas Cove 55
Good day, Thank you so very much for taking the time to give us this fantastic feedback. We are so happy that you had a great holiday and we look forward to welcoming you back to Ballito. Kindest regards, The Ballito Accommodation Team

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Ballito
Accommodation ...

Eiendomme 100+

Resensies 361

Op LekkeSlaap 2 jaar

Vanaf R1 941
R 1 941 R 1 456
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf R1 941
R 1 941 R 1 456
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 941
R 1 941 R 1 456
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 43 Ocean Drive, Chaka's Rock, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa5e2dd0279bcc2f04f780cc5bc62569598fca13e71d81921893c92a9cb2a219adc42b961194a10b45c83e76e1cf591c9e05d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 941 nouVanaf R1 456 per nag (plek vir 4) 4 5 1 5 43 Ocean Drive Chaka's Rock 4399 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -29.513865649639 31.230747104663

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang