Successfully reported
+42

Chamonix 16

Selfsorg
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Friars Road, Sea Point, Cape Town, 8005, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 615 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Chamonix 16 is 'n luukse selfsorgwoonstel wat in Seepunt, 'n Kaapse buurt, se hoërliggende deel geleë is. Die woonstel bied lieflike see-uitsigte en pienk sonsondergange. Dit bestaan uit 3 vlakke en bied slaapplek aan 6 gaste.

Die eerste verdieping het 'n oopplan-kombuis wat met 'n yskas, mikrogolf, oond en stoof toegerus is. Daar is ook 'n eetarea, 'n leefarea met lugversorging en 'n gastetoilet.

'n Wenteltrap lei na die middelste vlak wat beskik oor 2 slaapkamers. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie 2 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n badkamer met 'n bad, wasbak en 'n stort.

Gaste moet deur die klein kombuis stap om by die hoofslaapkamer uit te kom. Die kombuis is met 'n skottelgoedwasser, yskas, mikrogolf, stoof en oond toegerus.

Dié woonstel is versier met 'n blou en goud kleurskema, het moderne meubels, unieke ligpasstukke, en beskik oor 'n groot privaat dek wat die ideale plek is om piekniek te hou en die sonsondergang te bewonder. Gaste kan see-uitsigte vanaf al die vlakke geniet, want die leefarea en tweede slaapkamer het balkonne, terwyl die hoofslaapkamer na die groot dek lei.

Seepunt se laer deel is modern en gewild met verskeie restaurante, kroeë, boetieks en geriefwinkels. Die MyCiti-bus is minder as 500 m van die woonstel af wat maklike toegang tot die res van die stad bied.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Baie goed

Netheid
3.5
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.0
Diens
3.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

FZP/CTHA Geverifieer

Eiendomme 78

Resensies 327

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Friars Road, Sea Point, Cape Town, 8005, Wes-Kaap
  • Gaste dink Chamonix 16 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 615
per nag, vir 6 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 615
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R 3 615
per nag, vir 6 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Friars Road, Sea Point, Cape Town, 8005, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA92d4356b3d3c5dd8662acc18924ff6cb2f19d0e925c9592723fdec19053e3f968d61561a105d8b7507150cf01d4e8a0bf07f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 614 per nag, vir 6 mense 2 5 1 5 Friars Road Sea Point 8005 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.919142598567 18.394062370062

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang