Successfully reported
+17

Charmwood

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders onder 13
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Off Trans Caledon Street, Unit 3 Larola Terraces, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R850 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Charmwood bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n oopplan-woonstel wat in 'n kompleks in Clarens geleë is. Dié kompleks is naby die middedorp met kunsgalerye, restaurante en interessante winkels.

Die woonstel is kleurvol en eksoties danksy die Marokkaanse muur wat bo die bed hang. Charmwood is ideaal vir korttermyn- en langtermyn-verblyf. Dié oopplan-woonstel het 'n koninggrootte-bed, 'n eetarea, ’n platskerm-TV, kombuisie, badkamer met 'n stort-oor-bad, 'n stoep en 'n tuintjie met buitemeubels en braaigeriewe wat uitsigte op die berge bied.

Die kombuisie is met 'n yskas, mikrogolfoond, tweeplaatstoof en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Gehaltebeddegoed, badhanddoeke en toiletware word voorsien, sowel as 'n komplimentêre gasvryheidskinkbord met tee, koffie, beskuit, suiker en verromer.

Veilige onderdakparkeerplek vir 1 voertuig word voorsien en 'n skoonmaakdiens word teen 'n ekstra koste aangebied.

Clarens bied baie staproetes in die bewarea, 'n gholfbaan, tennis- en muurbalbane, rolbal en buitemuurse doendinge, soos riviervlotvaart, vierwielmotorfietsry en Zipline. Daar is ook uitstekende forelhengel-, perdry- en wildkyk-geleenthede, asook geskiedkundige verkenningstogte wat fossielgebiede, dinosouruspaaie en boesmanskilderye insluit.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 28 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.6
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Susan S
Saam met lewensmaat
5.0
Awesome. Ja, dit was gerieflik. Mooi uitsig. Alles was daar wat jy nodig gehad het. Heerlik.
Okt 2025
Liesl K
Saam met lewensmaat
5.0
Rus vir die siel. Lieflike uitsig oor die berge. Goed toegerus vir die koue met gasverwarmer en elektriese komberse. Heerlike snoesige verblyf. Stil e...
Sien meer
Mei 2025
Rianka P
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent. It was really worth every cent, the view is amazing and the location is perfect. We had a blast and all the extras that were...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025
Jeannette L
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing. We absolutely loved our stay in Clarens. The accommodation was so comfortable and it catered for all of our needs. It was a ho...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2025
Melonie B
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike gekuier, sal definitief weer bespreek. Heerlik gekuier, sal definitief weer gaan.
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Heidi Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 28

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Off Trans Caledon Street, Unit 3 Larola Terraces, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Charmwood het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 850
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 850
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 850
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders onder 13
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Off Trans Caledon Street, Unit 3 Larola Terraces, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4007af4597f8dee61b0a2f4b6d33019afef59fd024f5efe09af09373aeb288142ff019971e2031e9a68b54b72aeb5c32ce7c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag, vir 2 mense 28 5 1 5 Off Trans Caledon Street Unit 3 Larola Terraces 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -28.518101486628 28.42817177368
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang