City Lodge Hotel Bryanston
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 264 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cnr Main Road and Peter Place, Bryanston West, 2125, Gauteng
- Vanaf R1 318 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
City Lodge Hotel Bryanston is gebou op wat eens 'n pragtige kwekery was en spog nou met ontwerperstuine en 'n swembad sodat gaste in die buitelug kan ontspan. Die hotel is oorkant Mediclinic Sandton en naby hoofweë, Sandton en Randburg se sakekerns en verskeie winkels en vermaak in die omtrek.
Die hotel bied verblyf in 122 kamers wat ruim is en met lugversorging, 'n koningingrootte-bed óf 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort ingerig is. Sekere kamers het 'n stort en 'n aparte bad. Daar is ook op versoek slaapbanke in sommige kamers. Ander geriewe in die kamers sluit 'n TV met sekere DStv-kanale, radiostasies, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n elektroniese kluis wat groot genoeg is vir 'n skootrekenaar en 'n lessenaar met beligting en muurproppe vir gaste wat gerieflik wil werk in. Gratis WiFi word voorsien. Sekere kamers is ingerig vir gaste met gestremdhede.
Die hotel het 'n konferensiekamer met sitplek vir 10 gaste, 'n fiksheidsentrum, 'n kafee-restaurant wat ontbyt, middagetes en ligte aandetes bedien, asook 'n skemerkelkiekroeg.
Hierdie is die heel eerste City Lodge Hotel wat gebou is toe die groep in 1985 tot stand gekom het. Dit is die tuiste van die SA Chefs Olympic Culinary Squad tydens hulle oefensessies in Johannesburg.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Reservations
Team City Lodge ...
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Cnr Main Road and Peter Place, Bryanston West, 2125, Gauteng
- Gaste dink City Lodge Hotel Bryanston het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 264 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cnr Main Road and Peter Place, Bryanston West, 2125, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang