Successfully reported
+47

Clarens Valley Lodge

  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Swart Street, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R4 350 per nag, vir 9 mense

Beskrywing

Clarens Valley Lodge is in die lieflike Clarens geleë en bied gemaklike selfsorg-akkommodasie in 'n dubbelverdiepinghuis wat ideaal is vir gesinne.

Die huis bied slaapplek vir tot 9 gaste en dit beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -sitkamer. Die ruim hoofslaapkamer is op die onderste vloer en het 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Die hoofslaapkamer het ook 'n slaapbank wat geskik is vir kinders. Die tweede slaapkamer is ook onder geleë en beskik oor 'n dubbelbed met 'n elektriese kombers. Die derde slaapkamer is 'n gesinskamer wat bo geleë is en oor 5 enkelbeddens beskik. Daar is 'n tweede badkamer met 'n stort en toilet, sowel as 'n aparte toilet.

Die oopplan-kombuis en -eetkamer het 'n groot eetkamertafel. Die opwaskamer het 'n yskas-vrieskas, 'n wasmasjien, skottelgoedwasser en 'n wasbak. Daar is ook 'n wasbak in die kombuis. Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, eetgerei, 'n mikrogolfoond, broodrooster en 'n ketel. Die ruim sitkamer beskik oor 'n kaggel en die vertrek lei deur 'n glasdeur na 'n patio met lieflike uitsigte. Daar is ook 'n buite-leefarea. Die patio het 'n draagbare braai, 'n tafel en stoele. Daar is ook 'n sitkamer bo met 'n TV met plaaslike kanale. Gaste wat DStv wil kyk moet asseblief onthou om hul eie dekodeerders en slimkaarte saam te bring.

Gaste het toegang tot 'n omheinde tuin met pragtige uitsigte oor die omliggende berge. Onderdakparkeerplek is beskikbaar vir 2 voertuie langs die huis en daar is 'n veiligheidshek. Die huis is troeteldiervriendelik, maar die eienaars versoek asseblief dat diere nie op die meubels of beddens toegelaat word nie en dat gaste agter hul troeteldiere sal skoonmaak.

Die huis is lekker naby Clarens se middedorp met al sy restaurant, winkels en kunsgalerye.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

5

5 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 57 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Shireen G
Besigheidsreis
5.0
Amazing. Was convenient, clean and safe.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025
Coenraad V
5.0
Valley Lodge bied gerieflike verblyf in Clarens. Dis 'n baie gerieflike woning met al die geriewe wat jy nodig het.
Jul 2025
Rozelle L
5.0
Baie rustig. Sal definitief aanbeveel as 'n wegbreekplek van die stadslewe. Baie lekker gebly. Die huis is mooi skoon en ruim. Het die kaggel baie gen...
Sien meer
Jun 2024
Joane T
Saam met vriende
5.0
Pragtige plek met die mooiste uitsig. Dit was heerlik, stil en rustig.
Apr 2024
Marietjie K
5.0
Private ligging van huis was 'n voordeel. Groot erf vir kinders om te speel. Huis was baie gerieflik met alles wat nodig was. Die skottelgoedwasser wa...
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Gavin Geverifieer

Eiendomme 12

Resensies 759

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Swart Street, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Clarens Valley Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 4 350
per nag, vir 9 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 4 350
per nag, vir 9 mense
Vanaf
R 4 350
per nag, vir 9 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Swart Street, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc3Mzc1YzBjLTliNDgtNDVkYy1iNDZkLTUyOTMwOWJmOTZiZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 350 per nag, vir 9 mense 57 5 1 5 Swart Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.508265448289 28.418984860182
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang