Successfully reported
+19

Clear Water Oasis Guest Farm

Gastehuis
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Droësand Farm 245. Portion 1, Vanrhynsdorp, 8170, Wes-Kaap
  • Vanaf R950 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Clear Water Oasis is 'n familieplaas wat lekker naby Vanrhynsdorp, langs die R27, onderweg na Namibië en Kaapstad geleë is. Die plaas is in 'n rustige area geleë en is 'n goeie plek om te bly as jy Namakwaland en die Weskus met sy tientalle besienswaardighede wil besoek. Daar is ook kampeerplek.

Verblyf is beskikbaar is verskeie kamers, of dit nou vir 'n sakereis of vir vakansiepret is. Kampeerplek is ook beskikbaar. Daar is 2 oornagkamers met 'n kroegyskassie, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, en 'n TV met sekere DStv-kanale.

Daar is ook 3 selfsorgeenhede wat 'n kombuisie met 'n stoof, yskas-vrieskas en 'n braai-area op die stoep het. Alle kamers en eenhede het lugversorging, mikrogolfoonde en ’n TV met sekere DStv-kanale. Daar is 4 kampeerplekke en elke kampeerplek het 'n braai-area, water en krag. Kampeerplekke word deur houtmure geskei om privaatheid te bied. Die badkamers word gedeel.

Die kamers word daagliks skoongemaak, behalwe oor naweke en openbare vakansiedae. Wasgoeddienste is beskikbaar teen addisionele koste Maandae tot Vyrdae. WiFi is ook beskikbaar. Alle gaste is welkom om gebruik te maak van die swembad, maar geen kinders onder die ouderdom van 18 word toegelaat sonder volwasse toesig nie. Geen dagbesoekers word toegelaat nie.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 168 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Johan D
Saam met lewensmaat
5.0
Die huisie het alles wat jy benodig. Ek het lekker uitgespan. Baie rustig, die gasheer het ons vriendelik ontvang. Die plekkie is plaas atmosfeer, bai...
Sien meer
Sep 2025
Mario S
Saam met lewensmaat
5.0
Rustigheid en vrede vir jou siel. Baie lekker, ek het al in duurder plekke gebly wat nie so netjies was nie. Geen slegte reuke.
Jun 2025
Theresa J
5.0
Salig! Vriendelike ontvangs, selfs toe ek gesukkel het met die DStv, kon ek die eienaar per WhatsApp kontak en sy het van haar kant gereël dat daar na...
Sien meer
Mrt 2025
Amanda E
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflik. Baie goeie diens. Gasvrou baie vriendelik. Eenheid is pragtig skoon en netjies.
Mrt 2025
Khalid G
5.0
Convenient stop-over to Namibian border. Very friendly host. I was travelling on a motorcycle and ordered a braai pack/wood. She delive...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Michel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 168

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Droësand Farm 245. Portion 1, Vanrhynsdorp, 8170, Wes-Kaap
  • Gaste dink Clear Water Oasis Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 950
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 950
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 950
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Droësand Farm 245. Portion 1, Vanrhynsdorp, 8170, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDgzN2E3MDI4LTQyYmMtNGU4Yi1hMTEzLWYxZThmN2ExNWNkZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag, vir 2 mense 168 5 1 5 Droësand Farm 245. Portion 1 Vanrhynsdorp 8170 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.586977213827 18.780542720597
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang