Successfully reported
+107

Cock & Bull

Gastehuis
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R512, Hartbeespoort, 0280, Noordwes
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Cock & Bull bied 'n kroeg, restaurant en verblyf aan die voorheuwels van die Magaliesberge. Cock & Bull is 40 minute vanaf Pretoria, Johannesburg en Rustenburg en 7 km vanaf Hartebeespoortdam aan Sun City se kant geleë.

Die verblyf is perfek vir sakereisigers en enige iemand wat van die aktiwiteite in en om Hartbeespoort wil gebruik maak.

Die kamers is nie vir selfsorg toegerus nie, behalwe Kamer 13 en 14, maar is wel gerieflik vir oornagverblyf. Etes en drankies kan by die restaurant op die perseel bestel word wat daagliks ontbyt, middagete en aandete bedien. Ontbyt is nie by die tarief ingesluit nie. Gaste kan ook met 'n drankie in die pragtige tuin agteroor sit.

Die houthuise is vir reisigers en is ideaal vir gaste wat troues en partytjies bywoon. Die houthuise is langs mekaar geleë en bied slaapplek aan 2 gaste elk. Elke houthuis het lugversorging, WiFi, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n yskas.

Die gastekamers is met gaste se gerief in gedagte ontwerp en gemeubileer. Die gastehuis het 4 kamers wat reg langs die kroeg geleë is, maar dis ook privaat met hul eie ingange. Elke kamer 'n TV, WiFi, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n yskas.

Daar is 2 gesinskamers met slaapplek vir 4 gaste elk. Hierdie oopplan-eenhede is vir gesinne of vriende geskik en is ten volle vir selfsorg toegerus, met al die nodige geriewe soos lugversorging, 'n TV, WiFi en 'n yskassie, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die hoogtepunt van die perseel is die Cock & Bull-restaurant en -kroeg wat met heerlike biefstukke, tuisgebakte pasteie en tuisgemaakte aartappelskyfies spog. Daar is 3 groentetuine op die perseel, so die bestanddele is vry van plaagdoders.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 215 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.2
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Kim R
Saam met lewensmaat
5.0
Clean, affordable good service. Great, affordable, good service, friendly staff, beautiful garden, clean and great location, music and ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025
Andre L
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige atmosfeer. N Lekker rustige atmosfeer met baie lekker kos.
Sep 2025
Marelize D
Gesin met tieners
5.0
Heerlike verblyf. Pragtige eenheid, goed toegerus. Selfs 'n sak braaihout ontvang. Ons was by Owl Sky Lounge die aand en dit is regtig net om die draa...
Sien meer
Sep 2025
Riaan S
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties, gemaklik, goeie diens. Die verblyf was presies soos ons verwag het. Baie gerieflik en die mense was baie vriendelik.
Aug 2025
Rianna B
Saam met lewensmaat
5.0
Baie tuis gevoel. Baie lekker. Net die stort was nie nice nie.
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Andrew Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 215

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • R512, Hartbeespoort, 0280, Noordwes
  • Gaste dink Cock & Bull het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 750
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 750
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 750
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R512, Hartbeespoort, 0280, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDUyY2M3ODMwLWUxNTMtNGI1Ni05YjhiLTliYzk5MWQ4ZDIyMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 2) 215 5 1 5 R512 Hartbeespoort 0280 Noordwes 021 201 8901 12:00-20:00 10:00 -25.719483 27.780981

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang