Successfully reported

Conchea @ Shelley Point

Selfsorg

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Baie goed

Netheid
3.5
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.0
Diens
3.8
Veiligheid
5.0
Norma D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2025

Super. Everything was great. Loved the location and safety. Could use a few more pillows. Other than that, it was great.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Sune
Conchea @ Shelley Point
Hi Norma, Thank you for your lovely review. We value guests' feedback. We hope to see you in the future again. Kind regards, Sune

Lenez K
Lang verblyf Gesin met klein kinders
4.0
Jan 2018

Dit is 'n pragtige plek met 'n wonderlike uitsig en ligging. Ek beveel die plekkie aan vir enige iemand wat rustigheid wil ervaar. Die enigste negatief is dat die DStv nie gewerk het nie, maar die DVD-speler het opgemaak daarvoor.

Netheid
3.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Elanie S
Kort verblyf Gesin met klein kinders
3.2
Apr 2018

Vuil, vol stof en spinnerakke. Uiters teleurstellend. Die huis is vuil, vol stof en spinnerakke. Mens kan nie kaalvoet loop in die huis nie, jou voete is pikswart onder. Die huis het 'n rietdak, wat soort van die oppervlakkige stof laat sin maak, maar die spinnerakke sit in die balke (nie baie hoog nie) en is duidelik in weke of maande nie aan geraak met 'n stoffer nie. Om nie eens van die vuil vensterbanke, bo-op die yskas, onder die beddens en die spinnerakke onder die koffietafel en bo ons beddens (plafon/rietdak) te praat nie! Agter en onder die banke is ook vuil - duidelik nie eens uitgevee nie. Daar was geen DStv nie (nadat die advertensie gesê het daar is 'n dekodeerder - ons het ons eie DStv-kaart ingepak), daar was ook geen braaibak nie. Dis basics wat ontbreek! Die beddegoed het ook nie skoon gevoel nie, daar was ook sand in die bed by die voete. Hulle vra 'n R500 skoonmaakfooi, maar daardie huis is duidelik nie skoongemaak in ten minste 2-3 weke nie. Mens sou reken dit word gedoen net voordat nuwe mense inboek. Teen R500 behoort daar iemand heeldag te spandeer en elke hoek en kant skoon te maak, elke keer voordat nuwe mense inboek. Die huis is fantasties geleë en as dit net skoon was, sou dit 'n heerlike naweek kon wees.

Netheid
1.0
Diens
2.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Sune
Conchea @ Shelley Point
Ek was self die oggend in die huis saam met die buurvrou om te gaan kyk of alles reg was, die huis was baie netjies skoon. Die gordyne in die kombuis het ek self oopgemaak en daar was geen stof in vensterbank nie. Oppervlaktes was ook skoon, ek het my hand oor hulle getrek om seker te maak omdat dit 'n rietdak is. Die huis is die dag voor aankoms skoongemaak en nuwe linne is oorgetrek. Vir die stof op die dak-balke gaan ek jammer sê, ek sal daarna laat kyk. Dit word nie elke keer as daar skoongemaak word, gedoen nie. Die kwotasie sê duidelik dat jy jou eie dekodeerder en slimkaart moet saambring. Ons het wel vir die gas 'n dekodeerder en 'n braai bak verskaf. Alle huise het nie braai bakke in nie. Ons vra 'n R 400.00 skoonmaak fooi, maar hierdie gaste het dit nie betaal nie, omdat ons hulle geskuif het na hierdie huis toe as gevolg van 'n dubbel bespreking by 'n ander huis. Hulle het ook afslag op die prys per nag gekry.

Lynette V
Lang verblyf Gesin met tieners
4.6
Des 2017

Gerieflike, veilige verblyf naby die see. Ons het baie lekker by Conchea gebly. Die huis was skoon en netjies en loopafstand van die strand af.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Sune Geverifieer

Eiendomme 16

Resensies 110

Op LekkeSlaap 11 jaar

Vanaf
R 2 035
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 035
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 2 035
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4 Town House Close, Shelley Point, 7390, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA174d5514d2a2762b201c89c9c7b233b15e3964447038146dba5d6ea5a168d180981908fa4986fcc8c9669427cca2a49a856c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 035 per nag (plek vir 6) 4 5 1 5 4 Town House Close Shelley Point 7390 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.705295340665 17.969189093254
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang