Successfully reported
+25

Concord Apartment

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 persone
    2 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 45 Church Street, Concord complex, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Concord Apartment is 'n goed ontwerpte selfsorg-enkelwoonstel wat ideaal geleë is in die hartjie van Stellenbosch se historiese middedorp, op die hoek van Kerk- en Ryneveldstraat. Dit is 'n kort entjie se stap na al die gewilde straatkafees, bistro's, top-restaurante, wynkroeë, kunsgalerye en museums van Stellenbosch en is net 'n hanetreetjie van Dorpstraat met sy pragtige ou Kaap-Hollandse blyplekkies.

Dit is die perfekte bestemming in Stellenbosch en die mooiste deel van die dorp kan te voet bereik word. Die boomryke botaniese tuine is net 3 minute se stap van die woonstel af. Daar is talle bergroetes wat net 10 minute se stap daarvandaan is en van Suid-Afrika se beste bergfiets- en voetslaanroetes. Concord Apartment is stapafstand van winkels, die Endler Ouditorium en die universiteitskampus af.

Die woonstel op die eerste verdieping is 'n oopplan-ateljeewoonstel en geskik vir 2 gaste, maar daar is slaapplek vir 1 kind op 'n slaapbank. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed. Die badkamer het 'n groot stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is goed toegerus met 'n oond, stoof, yskas en 'n mikrogolfoond en in die sitkamer is daar 'n slaapbank en 'n platskerm-TV.

Die woonstel is op die eerste verdieping geleë en toegang word via 'n hysbak of 'n trap verkry. 'n Veilige kelderparkeerplek word voorsien.

Linne en badhanddoeke word voorsien. Gaste wat 5 nagte of langer bly sal 'n gratis skoonmaak- en linneruildiens kry. Vir langtermyn (d.i. meer as 2 weke) of vir ander versoeke is skoonmaakdienste op versoek teen 'n ekstra koste beskikbaar.

Gratis, onberpekte WiFi is beskikbaar.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

3

1 x Koninggrootte-bed

1 x Kinderbank vir 1

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
TV
Lugversorging
Verwarmer
Volledige kombuis
Stroomdienste
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Yolande K
5.0
Uitstekende ligging in Stellenbosch. Stapafstand van alles wat mens in die dorp sou wou doen. Pragtige eenheid en heerlike bed. Die eienaar was baie a...
Sien meer
Okt 2025
Molene S
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflike eenheid. Gerieflike eenheid.
Jun 2025
Ronel G
5.0
Baie sentraal geleë, veilig en gerieflik. Ek het baie lekker gebly, maklike toegang in en uit.
Jan 2025
Adelene N
Gesin met tieners
5.0
Die woonstel is skoon, netjies, veilig en baie sentraal geleë. Ons het heerlik gebly. Sal definitief weer daar tuisgaan!
Okt 2024
Jacobus V
Saam met lewensmaat
5.0
Comfortable and neat. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Emma Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 15

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 45 Church Street, Concord complex, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Concord Apartment het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 500
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 500
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 persone
    2 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 45 Church Street, Concord complex, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa9627d3ecc7d63ebcb3e95abea91c5ba8aaebf85efe5636c9334931b3172e81cd3dbc00e42eac4d06039b342fd56b68fb359?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense 15 5 1 5 45 Church Street Concord complex 7600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -33.937936424174 18.863227466865

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang