Successfully reported
+13

Cosy Corner

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Boventrek Street, Midwest, St Helena Bay, 7390, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Cosy Corner bied knus selfsorgvakansieverblyf in die hartjie van Midwest, St Helenabaai. Dit kan 'n goeie opsie wees vir 'n vinnige wegbreek aan die Weskus aangesien hierdie eiendom net 100 m van die strand af is.

Hierdie 2 woonstelle is ideaal vir 'n gesin en het elk slaapplek vir 3 gaste en beskik oor 'n slaapkamer en 'n badkamer. Die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en daar is 'n enkelbed in die leefarea. 'n Stort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

In die leefarea is 'n kombuis toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Buite elke woonstel is 'n patio met onderdaksitplek asook braaigeriewe. Gaste kry veilige parkeerplek agter 'n geslote hek op die perseel.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
WiFi
Troeteldiere op versoek

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Sune Geverifieer

Eiendomme 16

Resensies 110

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Boventrek Street, Midwest, St Helena Bay, 7390, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 000
per nag (plek vir 3)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag (plek vir 3)
Vanaf
R 1 000
per nag (plek vir 3)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Boventrek Street, Midwest, St Helena Bay, 7390, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1d99cf2f59f5a9a753546a2573046b197a0249ed81d4d7f5b16b1f5a04dbc47b3a00c90af19a44ab9e8aba2553109ffbab61?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 3) Boventrek Street Midwest 7390 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.7312495 17.991799449213
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang