Cosy Inn
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 201 Constance Avenue, Clubview, Centurion, 0014, Gauteng
- Vanaf R850 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Cosy Inn is 'n volledig toegeruste, beurtkraglose, selfsorgwoonstel 3 km van die Netcare Unitas Hospitaal af.
Die eenheid is langs die eienaar se huis in 'n stil boomryke straat in Clubview, Centurion en het 'n privaat ingang. Dit bied gehalteverblyf vir oornaggaste en is naby verskeie winkels, restaurante, Klein Kaap Hotel, Akademia, SuperSport Park en die Gautrainstasie. Die eenheid bied ook vinnige toegang tot die hoofweg.
Cosy Inn beskik oor 'n ruim slaapkamer met 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 'n enkelslaapbank vir 'n kind, maar dit moet asb. vooraf gereël word.
Die kombuis is met 'n yskas, lugbraaier, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei, breekware en 'n elektriese induksieplaat toegerus.
Die eenheid het ook 'n TV met DStv-Premium, gratis vinnige WiFi en lugversorging.
Gaste het toegang tot 'n privaat tuin met gasbraaigeriewe.
Die eenheid het 'n veilige parkeerplek met 'n motorafdak agter 'n elektriese hek vir ekstra gemoedsrus.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Michelle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 34
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 201 Constance Avenue, Clubview, Centurion, 0014, Gauteng
- Gaste dink Cosy Inn het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 201 Constance Avenue, Clubview, Centurion, 0014, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang