Successfully reported
+28

24 Carpenter

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 24 Carpenter, Pearly Beach Resort, Pearly Beach, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R930 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

24 Carpenter is 'n bekoorlike selfsorgwoonstel in die gesogte Pearly Beach Strandoord. Die huis is ideaal vir 'n gesin en bied vermaak vir oud én jonk.

Hierdie eiendom is geskik vir 4 gaste en het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis het 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe, asook 'n tafel met stoele. Daar is 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die kombuis lei na die sitarea wat gemaklike banke, 'n TV met Netflix en 'n binnebraai-area het.

Die huis het ook 'n klein omsetter sodat die TV en WiFi gedurende beurtkrag gebruik kan word.

Die leefarea lei na 'n groot grasperk langs die huis waar gaste onder die melkhoutbome kan uitspan. Daar is veilige parkeerplek op die perseel.

Die huis is ideaal geleë, net 'n kort entjie vanaf Pearly Beach se winkel waar gaste basiese benodighede kan aankoop. Dit is ook naby die speelparkie, wassery en die strand waar gaste kan swem en visvang.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Kaggel
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 65 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Juanne W
Saam met vriende
5.0
Beautiful and cozy little house. Just big enough for 4 girls on a girls' weekend. Our stay was lovely. We, as a bunch of girls, had the...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Lizaan V
Gesin met klein kinders
5.0
Lieflike, veilige verblyf naby die strand. Ons het 'n heerlike langnaweek gehad. Die huis is baie goed uitgerus en die ligging was perfek. Ons kon lek...
Sien meer
Sep 2025
Charles H
Saam met lewensmaat
5.0
Kon so lekker rus en ontspan! Heerlik gebraai en die see is so naby! Ongelooflik stil en rustige area. Baie vinnige kommunikasie vanaf eienaars. Self ...
Sien meer
Sep 2025
Bertha L
Saam met vriende
5.0
Ek kan dit aanbeveel. Ek het die hele tyd dankbaar gevoel.
Aug 2025
Pieter W
Saam met lewensmaat
5.0
Als wat jy nodig het vir 'n lekker wegbreek. Binne braai, skoon eenheid. Rustig, skoon, veilig perfek vir 'n lang naweek wegbreek. Mooi strande om te ...
Sien meer
Jun 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Lisa Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 65

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • 24 Carpenter, Pearly Beach Resort, Pearly Beach, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink 24 Carpenter het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 930
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 930
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 930
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 24 Carpenter, Pearly Beach Resort, Pearly Beach, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA438dd8d3d544f6be946c64501a340b65fd629cd8485c2555fbeae570b03d9f12c29f82ee23d8c51cffb3897f9dbc790110f7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R930 per nag (plek vir 4) 65 5 1 5 24 Carpenter Pearly Beach Resort 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 11:00 -34.667209804062 19.515762890427
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang