Cozumel 113
-
Kapasiteit: 5 persone
4 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 33 North Beach Road, Umdloti, 4350, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 450 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Cozumel 113 is 'n woonstel aan die seekant van Umdloti en spog met die allermooiste uitsigte oor die strand en die see.
Die woonstel het gemaklike slaapplek vir altesaam 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer beskik oor 'n enkelbed en 'n stapelbed. Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg. Die sitarea het gemaklike rusbanke en skuifdeure wat lei na 'n stoep met ongelooflike uitsigte oor die strand en die see.
Die Cozumel-kompleks het 'n gemeenskaplike swembad, 2 parkeerplekke en 'n braai-area.
Geniet die vakansie-atmosfeer van dié dorpie waar jy kan branderplankry, snorkel en visvang. Durban se middestad is net 20 minute se ry van Cozumel af en die groot winkelsentrums en vermaakareas is net 10 minute se ry weg.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Corrie Geverifieer
Eiendomme 72
Resensies 249
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 33 North Beach Road, Umdloti, 4350, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Cozumel 113 het ’n uitstekende ligging
-
Kapasiteit: 5 persone
4 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 33 North Beach Road, Umdloti, 4350, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang