Craigivar The Loft
-
Kapasiteit: 4 persone
2 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 789 Hoewe Road, Rietvalleirand, Pretoria, 0174, Gauteng
- Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Craigivar The Loft is 'n lieflike selfsorgeenheid wat sentraal in Rietvalleirand, Pretoria-Oos geleë is. Dit is ideaal vir 'n paartjie of klein gesin.
Dié eenheid het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 1 en suite-solderkamer en 'n gastetoilet. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed vir kinders. Die badkamer het 'n Victoriaanse bad en 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster, ketel, koffiemasjien, yskas-vrieskas en toonbank met stoele toegerus. Die sit- en eetarea het gemaklike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale. Gaste het toegang tot gratis WiFi.
Die leefarea lei na 'n dek met buitesitplek en draagbare braaigeriewe. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Hierdie verblyf is naby winkels, hospitale, skole, Rietvleidam, Irene en Pretoria Sentraal. Die N1- en R21-hoofweë is binne maklike bereik en bied maklike toegang tot Pretoria, Midrand, Kemptonpark, OR Tambo Lughawe, Lanseria Lughawe en Johannesburg.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
1 x Kinderstapelbed
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Sarel Geverifieer
Eiendomme 6
Resensies 27
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 789 Hoewe Road, Rietvalleirand, Pretoria, 0174, Gauteng
-
Kapasiteit: 4 persone
2 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 789 Hoewe Road, Rietvalleirand, Pretoria, 0174, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang