Crayfish Creek
- Kapasiteit: 18 persone
- Alle ouderdomme is welkom
- 
            
            
                Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: 98 Kuiseb Avenue, Langstrand, Erongo
- Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
            Crayfish Creek is in Langstrand, 'n bekende kusbestemming in Namibië, geleë. Langstrand is net 15 km vanaf Walvisbaai en Swakopmund met 'n verskeidenheid winkels en restaurante. Crayfish Creek is net 300 m van die strand af en ideaal vir 'n gesin, romantiese of sake-wegbreek.  
Verblyf word gebied in 3 volledig toegeruste selfsorgwoonstelle wat elk tot 6 gaste akkommodeer.
Elke woonstel het 2 slaapkamers, een met 'n dubbelbed en 'n oopplan-slaapkamer met 4 enkelbeddens bo.
Daar is 'n gemaklike sitkamer met 'n TV en sekere DStv-kanale en toegeruste kombuis met oond, mikrogolf, ketel, breekware en eetgerei. Alle beddegoed en badhanddoeke word voorsien en die woonstelle word een keer per week skoongemaak.
Daar is 'n braai-area waar gaste kan ontspan na 'n dag in die son of woestyn asook kinderspeelplek. Vir elke woonstel is daar veilige parkeerplek vir 2 voertuie en die hele eiendom word omring deur 'n muur en elektriese heinings.
        
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Leane Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- 98 Kuiseb Avenue, Langstrand, Erongo
- Gaste dink Crayfish Creek het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 18 persone
- Alle ouderdomme is welkom
- 
                                
                                    
                                
                                
                                    Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: 98 Kuiseb Avenue, Langstrand, Erongo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang