Croxley Lifestyle Farm - The Pod
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Croxley Farm Portion 22, De Hoop, Robertson, 6705, Wes-Kaap
- Vanaf R1 700 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Croxley Lifestyle Farm - The Pod is 'n knus selfsorg-eenheid met 'n privaat ingang, geleë op die eienaar se plaas, net buite Robertson. Dit is 'n uitstekende keuse vir 'n paartjie wat op soek is na 'n romantiese wegbreek, of 'n sakereisiger wat 'n rustige tuisbasis soek.
Dié oopplan-slaappeul het slaapplek vir tot 2 gaste en is ingerig met 'n koninggrootte-bed. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuisie is toegerus met 'n yskassie, tweeplaatgasstoof, lugbraaier, eetgerei en breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Die eenheid beskik oor 'n lugversorger en 2 gemaklike stoele. Toegang tot Wi-Fi is beskikbaar.
Gaste kan 'n onderdakstoep met braaigeriewe en 'n buite-etenstafel geniet. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Dié eiendom is sowat 4 km buite Robertson waar gaste geriewe soos winkels, restaurante en verskeie wynplase kan vind.
Kamer-opset
Leefarea
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Megan Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 2
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Croxley Farm Portion 22, De Hoop, Robertson, 6705, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Croxley Farm Portion 22, De Hoop, Robertson, 6705, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang