Successfully reported
+62

Cura Lodge

  • Kapasiteit: 43 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 128 Pellissier Drive, Pellissier, Bloemfontein, 9300, Vrystaat
  • Vanaf R638 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Cura Lodge is in die stil, veilige en gegoede woonbuurt, Pellissier, Cura Lodge. Dit bied luukse verblyf met ruim kamers, welige tuine en asemrowende uitsigte. Cura Lodge is ideaal, vir 'n moeë vakansieganger of sakereisigers in Bloemfontein. Die lodge is sentraal geleë, net 1 km van die N1 en die Windmill Casino af, naby winkelsentrums en hospitale.

Die gerieflike kamers is individueel ingerig en bied rustige verblyf en uitstekende diens. Elke kamer het sy eie en suite-geriewe, 'n TV met OpenView-kanale, koffie- en teemaakgeriewe met beskuit, 'n yskassie, 'n mikrogolfoond, basiese eetgerei en breekware en 'n kluis in die kamer. Die VIP-kamer is ook die wittebrood-suite en dit is ekstra luuks ingerig.

'n Smullekker plaasontbyt word in die eetkamer bedien. Middagete en aandete is beskikbaar indien dit vooraf gereël word.

Gaste kan lekker in die swembad afkoel as die somer te warm word. Daar is braaigeriewe, wasgoedgeriewe en gratis WiFi-toegang. Veilige parkeerplek is ook beskikbaar en die perseel is volledig omhein met 24 uur-sekuriteitskameras. Die ruim konferensie- en funksie-venue kan tot 30 afgevaardigdes akkommodeer. Dit is ideaal vir vergaderings, spanbougeleenthede, klein oggendtroues, jaareindfunksies, ooievaarsteepartytjies of verjaardagvieringe.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 39 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.2
Waarde vir geld
4.0
Diens
3.9
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Manqoba M
Gesin met tieners
5.0
Peaceful place. We enjoyed the environment.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Denicia M
Gesin met tieners
5.0
Baie tevrede. Ons was baie tevrede met ons verblyf by Cura Lodge.
Jun 2025
Thabang M
Gesin met klein kinders
5.0
It was lovely. It's like a home away from home.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2025
Jandre B
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik, baie dankie. Baie aangenaam. Geen klagtes.
Jan 2025
Johan P
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker gebly! Ontvangsdame was baie vriendelik en behulpsaam.
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.2/5

Marie Dingel Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 39

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 128 Pellissier Drive, Pellissier, Bloemfontein, 9300, Vrystaat
  • Gaste dink Cura Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 638
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 638
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 638
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 43 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 128 Pellissier Drive, Pellissier, Bloemfontein, 9300, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAaf519a26fbd3c68bd2da0fd058115d0422d5adfb437153f37471b03c73dace5f8163c5fcdcf300a249270c3ecef71aa4fb2a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R638 per nag, vir 2 mense 39 5 1 5 128 Pellissier Drive Pellissier 9300 Vrystaat 021 201 8901 15:00-22:00 09:00 -29.14948 26.16379

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang