Successfully reported
+33

Cape Ebony Lodge

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Daberas Guest Farm, 50 km outside of Augrabies, 8874, Noord-Kaap
  • Vanaf R2 900 per nag, vir 5 mense

Beskrywing

Cape Ebony Lodge skuil op die Daberas Guest Farm in die Onder-Oranjeriviervallei, ook bekend as die Verlore Vallei van Edelgesteentes, en bied selfsorgverblyf met pragtige uitkykpunte oor die vallei met die 1000 m hoë Nama-plato in die agtergrond.

Die huis bied slaapplek aan 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 3 badkamers waarvan 2 en suite is en die ander een 'n buitebadkamer het. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wabak en toilet. Dit lei na die buitebad en stort. Die tweede slaapkamer het 3 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n etenstafel met stoele toegerus. Dit lei na die sitarea met rusbanke.

Daar is 'n onderdakstoep en 'n vuurput, asook veilige parkeerplek. Hernubare energie word vir die verkoelingstelsel, yskaste en beligting gebruik en gas word vir verhitting en kook gebruik.

Begeleide toere deur die skouspelagtige woestynlandskap kan vooraf bespreek word en die hek na die Augrabies-waterval Nasionale Park is ongeveer 50 km weg.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

3

3 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Bad

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 92 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Marius V
5.0
Baie netjies en skoon met alles wat jy mag benodig. Sal enige tyd aanbeveel. Baie lekker. Plek was pragtig.
Sep 2025
Madelein V
Saam met vriende
5.0
Mooiste landskap. Baie lekker braaiplek en kombuis setup. Dit was regtig 'n fantastiese ervaring om by Cape Ebony Lodge te bly. Die self-catering geri...
Sien meer
Jun 2025
Anton M
Gesin met tieners
5.0
Baie netjies, gerieflik in pragtige omgewing. Oorgeslaap oppad na Augrabies, maar kan 'n paar dae bly om die omgewing te verken, baie mooi natuur op d...
Sien meer
Apr 2025
Riaan D
Saam met lewensmaat
5.0
Great. Tweede keer daar. Sal weer daar inklok.
Sep 2024
Chantel S
5.0
Fantasties. Was 'n fantastiese plekkie gewees. Die gasvryheid van Hanneck was uit die boonste rakke van ons aankoms tot vertrek.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Hannecke Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 96

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Daberas Guest Farm, 50 km outside of Augrabies, 8874, Noord-Kaap
  • Gaste dink Cape Ebony Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 900
per nag, vir 5 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 900
per nag, vir 5 mense
Vanaf
R 2 900
per nag, vir 5 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Daberas Guest Farm, 50 km outside of Augrabies, 8874, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8UlJAfq5n8dfrjjg3h8IAgHNSV3l9xry4Tu7ryTbJ0dqSdE3VT?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 900 per nag, vir 5 mense 92 5 1 5 Daberas Guest Farm 50 km outside of Augrabies 8874 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.491823243311 19.952861331403
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang