Successfully reported
+29

Dankbaar

  • Kapasiteit: 17 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 26 A Ocean View, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Vanaf R950 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Dankbaar is in Struisbaai geleë. Dis naby die hawe, strand en winkels.

Verblyf word gebied in die hoofhuis en woonstel wat apart of saam bespreek kan word.

Die hoofhuis beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers en bied slaapplek aan 11 gaste. Die oopplan-leefarea bied 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf en 'n ketel. Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n TV en 'n ingeboude braai. Die leefarea beskik ook oor 'n kroeg-area met 'n yskas-vrieskas. Die leefarea lei na 'n stoep met sitplek en 'n lieflike uitsig oor die see.

Die woonstel is onder die hoofhuis en beskik weer oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste kamer het 'n dubbelbed met 'n bababed, en die tweede kamer het 2 stapelbeddens. Die leefarea is oopplan en die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, stoof, oond, eetgerei en breekware. Die sitarea het gemaklike rusbanke, TV en 'n etenstafel. Die woonstel lei na 'n stoep met sitplek en 'n draagbare braai. Die ingang, en stoep is heeltemal privaat van Dankbaar Huis.

Struisbaai het 'n pragtige strand wat oor 14 km vanaf Struisbaai tot by Arniston strek. Die strand is ideaal vir watersport, soos kajakvaar, bootvaarte, branderplankry, lyfplankry, visvang en vlieërbranderry. Jy kan ook op die strand wandel en walviskyk. Wees op die uitkyk vir die pragtige pylsterte wat in die vlak water woon en waarvan sommige tot 2 m lank is.

Dít is wat jy hier sal kry

Wassery naby
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 39 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.4
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Benjamin A D
Gesin met klein kinders
5.0
Peaceful. Amazing place, awesome lawn for kids and close to the sea.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025
Munee T
Gesin met tieners
5.0
Fantasties. Sal weer gaan. Ja, dit was lieflik, die weer was nie so warm buite, maar ons kon kuier in die woonstel en my kamer was die sonkamer.
Mei 2025
Chrislynn S
Gesin met klein kinders
5.0
Beautiful and peaceful. That outside lawn is amazing! The place is beautiful, but the hosts should consider changing their fittings and...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025
Estie R
Gesin met tieners
5.0
Perfekte ligging slegs 'n klipgooi vanaf die see. Dankbaar is 'n gerieflike en ruim woonstel met alles wat jy nodig het.
Jan 2025
Marko P
Gesin met klein kinders
5.0
Perfekte wegbreek. Naby die see, met 'n mooi see uitsig. Alles wat mens nodig het.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Truëtte Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 40

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 26 A Ocean View, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink Dankbaar het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 950
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 950
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 950
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 26 A Ocean View, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAgm5i6l2n0vR5oTalOy5oHYtETrKM0RpPDX1OHTUxZGZ0NOX5Ei?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag, vir 2 mense 39 5 1 5 26 A Ocean View Struisbaai 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.80947 20.05452

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang