Successfully reported
+23

De Langer Bly

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 93 Gordonia Avenue, Reebok, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 200 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

De Langer Bly is in Reebok net buite Mosselbaai geleë en bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n drieslaapkamerwoonstel. Die woonstel is bo-op 'n huis en naby die see.

Die woonstel beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede kamer het 2 enkelbeddens en die derde kamer het ’n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die eerste en tweede slaapkamers deel 'n aparte badkamer en die derde slaapkamer het sy eie badkamer. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is toegerus met 'n skottelgoedwasser, groot yskas, 'n oond en stoof, 'n mikrogolfoond, 'n ketel, 'n broodrooster, eetgerei en breekware en daar is ook 'n ontbythoekie. Daar is 'n TV met 'n basiese DStv-pakket, maar gaste is meer as welkom om hulle eie dekodeerder en slimkaart vir volledige DStv saam te bring. Onbeperkte optiese vesel-WiFi is ook beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n balkon met asemrowende uitsigte oor die see - perfek vir walviskyk. Vanaf die balkon kan jy 'n groot dek bereik met oorgenoeg braaigeriewe. Gaste het toegang tot 'n motorhuis vir 1 voertuig en 'n tweede voertuig kan gemaklik in die oprit op die perseel parkeer word.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 62 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Esme L
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtig. Ontspannende atmosfeer. Waarde vir geld. Pragtige plek. Defnitief waarde vir geld. Ongelooflike see-uitsig. Ons het heerlik gebly en sou wou ...
Sien meer
Mei 2025
David B
Gesin met klein kinders
5.0
Netjies, goeie ligging, alles wat mens benodig. Baie dankie, vir julle gasvryheid en die wonderlike plek. Alles wat mens benodig, netjies met 'n mooi ...
Sien meer
Mei 2025
Diani V
Saam met lewensmaat
5.0
Ek sal beslis die plekkie aanbeveel. Vriendelike en behulpsame gasvrou. Ons het baie lekker gebly. Dit is netjies, skoon en veilig met 'n lekker see u...
Sien meer
Apr 2025
Niel S
Gesin met klein kinders
5.0
Baie goeie waarde vir geld. Ja, geen probleme. Baie vriendelike diens.
Mrt 2025
Phillip V
Saam met lewensmaat
5.0
Great place. Very nice. Great view. Everything was available for the stay. Great hosts.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Tanya Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 62

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 93 Gordonia Avenue, Reebok, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink De Langer Bly het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 200
per nag, vir 6 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 200
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R 2 200
per nag, vir 6 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 93 Gordonia Avenue, Reebok, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdE5YYScRC3DyN2toBbosnXepf1dD2uyYwjSX8pFsPo8LhIBPF8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 200 per nag, vir 6 mense 62 5 1 5 93 Gordonia Avenue Reebok 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.076456881437 22.171021853373
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang