Successfully reported
+18

De Lichthuis

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 41 Grens Street, Vredendal, 8160, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

De Lichthuis is 'n selfsorg-eenheid met 'n privaat ingang op die eienaar se eiendom wat in die hartjie van Vredendal geleë is. Dit kan 'n goeie opsie wees vir óf toeriste óf 'n sakereisiger.

Die verblyf het 2 van dieselfde eenhede, elke eenheid kan gemaklik 2 gaste op 'n slag akkommodeer en beskik oor 'n slaapkamer met 'n en suite-badkamer. Die slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en die badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat toegerus is met 'n drieplaatstoof met 'n mini-oond, mikrogolfoond, yskassie, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.

Die ligging van hierdie eiendom is naby die Olifantsrivier in Namakwaland wat bekend is vir sy pragtige veldblomme vanaf laat Julie, Augustus tot September. Hierdie area is ook bekend vir sy kenmerkende vetplantflora, welvarende boerderysektor en talle wynkelders.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Jenene P
5.0
Ideaal vir besigheidsbesoeke. Die ontvangs was fantasties. Dit was 'n uitstekende keuse. Die ligging, die netjiese eenhede met 'n lekker warm bed.
Sep 2025
Anzelle W
5.0
Fantasties! Ons het baie lekker gebly, die gashere was so vriendelik! Wonderlike plekkie!
Aug 2025
Theuns J
5.0
Warm, vriendelike ontvangs en verblyf. Ek het 'n vriendelike en warm ontvangs gekry vanaf Susan en haar man tydens in klok tyd. My verblyf was netjies...
Sien meer
Aug 2025
Pamela M
5.0
It was a dream come true. Peaceful welcoming retreat. The guesthouse provides comfortable accommodations and a warm, welcoming atmosphe...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024
Anel T
Gesin met tieners
5.0
Dit was awesome. Die verblyf was awesome.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Susan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • 41 Grens Street, Vredendal, 8160, Wes-Kaap
  • Gaste dink De Lichthuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 500
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 500
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 41 Grens Street, Vredendal, 8160, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA77e9f754bd83349b999441a40fd081161828a012b81933fdba0150a91ffa08251732346fb4caf362833873128f9cafac8a0d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense 12 5 1 5 41 Grens Street Vredendal 8160 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -31.665015768347 18.5014934
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang