Successfully reported
+17

De Oude Wes

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 14 Wes Street, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 600 per nag, vir 9 mense

Beskrywing

De Oude Wes bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n huis wat smaakvol versier is. Hierdie huis is in die historiese dorpie Graaff-Reinet geleë aan die voet van nie Spandaukopberg en in die bekende "perdeskoen"-gedeelte van die dorp. Dit bied toegang tot talle restaurante, winkels en museums in die area.

Die huis bied slaapplek aan 9 gaste in 4 slaapkamers en 2 badkamers. Drie van die slaapkamers het koningingrootte-beddens en die ander slaapkamer het 'n koningingrootte- sowel as 'n enkelbed. Linne en handdoeke word voorsien. Die eerste badkamer het 'n bad en stort en die tweede badkamer het net 'n bad.

Die kombuis is vir selfsorg toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n tweeplaatstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n tafel met 4 stoele. Die huis het 'n ruim, oopplan-leefarea en -eetarea wat gemaklik ingerig is sodat gaste kan ontspan.

Ander geriewe sluit 'n agtertuin met onderdak-braaigeriewe, 'n TV met die volledige DStv-pakket en gratis WiFi in. Daar is 'n toesluitmotorhuis vir 1 klein voertuig en addisionele parkeerplek voor die huis. Daar is geen parkeerplek vir karavane of bote nie. 'n Sleepwaentjie kan wel in die motorhuis pas.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 108 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Morne H
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent. Excellent, very neat and clean. Good value for money.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025
Jacobus K
Gesin met tieners
5.0
Restful, calm. Perfect sleepover with everything that is needed, stunning old house.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025
Suzette L
Saam met vriende
5.0
Veilig, skoon en rustige area. Veilig, skoon en rustige area. Die huis het alles wat jy nodig het.
Aug 2025
Claire N
Gesin met klein kinders
5.0
Safe location and clean and well equipped house. Our stay was very pleasant. Our 1-year-old daughter was loving the toys available to h...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Louis S
Gesin met klein kinders
5.0
Gemaklik, lekker en veilig. Baie groot huis en oorgenoeg spasie met 'n lekker tuin. Loopafstand vanaf Spar en eetplekke. Garage vir veilige parkering....
Sien meer
Jul 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Marijke Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 108

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 14 Wes Street, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Gaste dink De Oude Wes het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 600
per nag, vir 9 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag, vir 9 mense
Vanaf
R 1 600
per nag, vir 9 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 14 Wes Street, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc42b7e42c304521dc1de6b957c7903de528e60d419ef29a72bbe91ddcff2ee5530b3252dbf363d0913c9b04112c32ea454b0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag, vir 9 mense 108 5 1 5 14 Wes Street Graaff-Reinet 6280 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.257695185448 24.535269236587

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang