Successfully reported
+19

De Villiers Country Lodge

Gastehuis
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 13 Victoria Street, Villiersdorp, 6848, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

De Villiers Country Lodge is 'n bekoorlike gastehuis wat B&B bied, en is geleë in die pragtige Elandsvallei van Villiersdorp, net 25 kilometer vanaf Franschhoek in die Wes-Kaap. Perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf en hartlike gasvryheid, weg van die stad se gewoel.

Verblyf by De Villiers Country Lodge beskik oor 5 slaapkamers en een kothuis. Die slaapkamers is in die gastehuis geleë, en is ruim, en goed ingerig, toegerus met 'n dubbelbed en en suite-badkamer met 'n bad of stort, wasbak en toilet. Een kamer is op die grondvlak geleë en is rolstoelvriendelik.

Die Kothuis is volledig apart van die hoofgebou en is ideaal vir gaste wat 'n bietjie meer privaatheid soek. Fasiliteite ingesluit in al die kamers is WiFi en 'n TV wat sekere DStv-kanale het, 'n balkon of patio asook tee- en koffiemaakgeriewe, met ander bykomende luukshede vir jou gerief.

'n Heerlike ontbyt word in die eetarea bedien, en ander heerlike maaltye kan ook gereël word. Gaste kan kies tussen twee gemeenskaplike sitkamers om in te ontspan en te kuier, of op somersdae 'n verfrissende duik in die swembad neem.

Vir die korporatiewe gas kan De Villiers Country Lodge voorsiening maak vir klein funksies of besigheidsvergaderings. Veilige parkeerplek is beskikbaar vir voertuie, en die eiendom is naby verskeie geriewe en doendinge, soos 'n gholfbaan en Theewaterskloof-landgoed, wynroetes asook museums en vele ander prettige doendinge.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
WiFi

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 71 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Sandra T
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker! Ons was baie impressed met De Villiers Country Lodge en sal dit vir ander aanbeveel, en ook graag weer self daar wil gaan oorbly.
Okt 2025
Estelle S
Saam met lewensmaat
5.0
Will stay there again. It was amazing, clean, comfortable and the loveliest breakfast, very adorable hostess. The stay was wonderful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2025
Zelmarie V
Saam met vriende
5.0
Lekker en gesellig. Die kamers was luuks en baie goed toegerus. Ons kon heerlik kuier in die sitkamer en ontbyt was lekker voorberei en huislik.
Feb 2025
Leon L
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastiese dorp & vriendelikste inwoners. Heerlike ontbyt! Wonderlike gasvrou!
Feb 2025
Reagan A
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker. Ja, dit was baie lekker.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Johannie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 71

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • 13 Victoria Street, Villiersdorp, 6848, Wes-Kaap
  • Gaste dink De Villiers Country Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 600
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 600
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 13 Victoria Street, Villiersdorp, 6848, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8ec1692c0e2274173e6c3df9ce99e81e082c111900436214b1a838b16a236307e14998227fa49ec574c156371621a0bf7487?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense 71 5 1 5 13 Victoria Street Villiersdorp 6848 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.989574 19.2906039
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang