Successfully reported
+29

De Visschuur

  • Kapasiteit: 8 persone
    7 volwassenes, 1 baba
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 15 Kormorant Street, Fishermans village, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 500 per nag, vir 7 mense

Beskrywing

De Visschuur is in die middel van die ou historiese woonbuurt Fisherman's Village in Paternoster. Dit is ruim en modern ontwerp om gerieflike verblyf aan gaste te bied.

Die huis is in die laat 1800's gebou en was deel van die visbedryf. Gedurende die 1990's is die fabriekswinkel in 'n pragtige huis omskep en is net 100 m vanaf die hoofstrand, net om die draai van die bekende Voorstand restaurant en die middedorp. Die huis word deur 'n duin beskerm en is dus teen die wind beskut.

Die huis bied slaapplek aan 7 gaste en beskik oor 3 slaapkamers op die boonste verdieping met dakvensters om die sterre te bewonder. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, slaapbank, bababedjie en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede en derde slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed, waarvan een van hierdie slaapkamers se beddens in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die tweede badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak. Linne en handdoeke word voorsien.

Die moderne, oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en die kombuis lei na die eetarea waar gaste maaltye kan geniet. Die leefarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Hierdie huis maak van sonkrag gebruik.

Die voorstoep lei na 'n lieflike, klein grasperk wat ideaal is vir kinders om op te speel en het meubels met 'n ingeboude braai-area. Daar is ook veilige parkeerplek op die perseel agter 'n hek.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

4

1 x Koninggrootte-bed

1 x Enkelslaapbank

1 x Kinderbedjie

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Badkamer

Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
DStv
Kaggel
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Ongelooflik

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Shavaan S
Saam met vriende
5.0
Peacefully fantastic! Our stay was fantastic! Everything was convenient.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2025
Henrietta C
5.0
Is so sentraal geleë naby die strand. Pragtig, met moderne badkamers. Tuis gevoel. Ons het heerlik gebly. Troeteldiere is welkom en veilig in die omhe...
Sien meer
Apr 2025
Anthea U
Gesin met tieners
5.0
Fantastic and would definitely try and go back. The accommodation is really lovely, has all the necessary amenities. Very clean, comfy ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2025
Pieter G
Gesin met tieners
5.0
Fantastiese ruim huis. Ons het baie lekker gebly en die rustigheid geniet.
Jan 2025
Christo P
Saam met vriende
5.0
Heerlik gekuier in netjiese eenheid. Baie netjiese eenheid.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

5/5

Louise Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 15

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • 15 Kormorant Street, Fishermans village, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Gaste dink De Visschuur het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 500
per nag, vir 7 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 500
per nag, vir 7 mense
Vanaf
R 3 500
per nag, vir 7 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
    7 volwassenes, 1 baba
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 15 Kormorant Street, Fishermans village, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfb0dbd504eeca36ee6b188da9b9bef2076dd4361eaf7ff8e84f5b714b4e275e66a59a90ad065b25c3049a3a00de8ed780749?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 500 per nag, vir 7 mense 15 5 1 5 15 Kormorant Street Fishermans village 7381 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -32.808974562736 17.893205519862
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang