Successfully reported

De Vreugd

Gastehuis

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 35 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.4
Veiligheid
4.5
Deon C
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2025

Voldoen aan verwagting. Ek het vrek lekker geslaap op daai bed. Kos was ook goed.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Vanessa D
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2025

Waarde vir geld. Ons het dit vreeslik geniet. Beste diens wat ek in 'n baie lang tyd ontvang het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Makyla B
1 nag
5.0
Aug 2025

Ek en my ma het dit geniet en baie veilig gevoel. Netjies, skoon en goeie diens met vriendelike personeel. Gerieflik met restaurant op perseel. Karwag en veilige parkering.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Samantha
De Vreugd
Hallo Makayla Baie dankie vir julle positiewe terugvoer. Ons is bly om te hoor dat julle veilig en gemaklik gevoel het, en dat die diens en fasiliteite tot 'n goeie ervaring bygedra het. Dit was 'n plesier om julle te akkommodeer, en ons hoop om julle weer in die toekoms te verwelkom.

Elsa D
Kort verblyf
5.0
Jul 2025

Veilige plek naby Eugene Marais. Gawe en behulpsame gasheer. Het lekker gebly. Omdat dit 'n restaurant ook het, is dit nie so stil soos sommige persone dit sal wil hê nie, maar die kombuis maak 9 uur toe en dan is dit stil. Dit het my nie gepla, net solank mense hulself geniet, is ek nie gepla nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Samantha
De Vreugd
Baie dankie vir jou terugvoer en dat jy jou ervaring met ons deel. Ons is bly jy het die ligging en jou verblyf geniet, en dat ons span jou welkom kon laat voel. Ons neem kennis van jou kommentaar oor die atmosfeer by die restaurant. Ons sal aktief werk maak om die perseel meer klankdig te maak. Dit is vir ons belangrik dat gaste gemaklik voel, en ons waardeer jou begrip. Ons hoop om jou weer binnekort te verwelkom.

Dirk C U
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2025

Vriendelike, veilige, warm en skoon. Skoon, veilig, rustig. Kan jou batterye herlaai nadat jy 3 xpd hospitaal besoek. Veilige stapafstand. Personeel vriendelik, behulpsaam en professioneel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Samantha
De Vreugd
Baie dankie vir jou terugvoer. Ons is bly dat jy jou verblyf as skoon, veilig en rustig ervaar het, en dat jy hier kon herlaai na jou hospitaalbesoeke. Dit beteken vir ons baie dat jy die personeel as vriendelik, behulpsaam en professioneel beleef het. Ons hoop om jou weer in die toekoms te verwelkom.

Helena M
1 nag Saam met vriende
5.0
Mei 2025

Baie netjies. Dit was bekostigbaar. Netjies en het alles gehad wat ek benodig het. Sal weer daar gaan bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Samantha
De Vreugd
Baie dankie vir jou terugvoer. Ons is bly jy het alles gehad wat jy benodig het en dat jy jou verblyf geniet het. Dit beteken baie vir ons dat jy weer by ons sal kom bly – ons sien daarna uit om jou weer te verwelkom.

Anonieme gas
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.2
Mei 2025

Netheid
2.0
Diens
2.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0
Samantha
De Vreugd
Baie dankie dat jy jou ervaring met ons gedeel het en dat jy vir vyf aande by ons tuisgegaan het. Ons vra omverskoning as die skoonmaakrooster nie duidelik was nie – vir langer verblyf maak ons die kamers elke tweede dag skoon en voorsien dan ook nuwe handdoeke en glase. Voor inklok stuur ons ’n boodskap waarin ons verduidelik dat dit ’n B&B-verblyf is, en nie ’n selfsorgkamer nie; daarom is daar nie kombuisware nie, maar wel ’n koffiestasie, mini-yskas en mikrogolfoond vir jou gerief. Ons waardeer jou terugvoer en sal dit gebruik om seker te maak dat toekomstige gaste se verwagtinge nog duideliker gestel word.

Gerhard C
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.0
Jun 2025

Gerieflik, mooi. Net die ingang kort werk. Die ligging naby die hospitaal is baie gemaklik. Die ingang is onprakties; daar is die vorige nag se drankbottels en dit ruik na drank. Daar is 'n fan wat aan en af deur die nag aan en af gaan. Die bed is hopeloos te sag vir my. Ek het rugprobleme.

Netheid
5.0
Diens
2.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
2.0
Samantha
De Vreugd
Baie dankie dat jy tyd geneem het om terugvoer te gee. Ons waardeer dat jy die gerieflike ligging naby die hospitaal uitgelig het. Ons wil egter net graag duidelik maak dat daar geen drankbottels by die ingang was nie - ons asdromme word na elke skof leeggemaak aan die oorkant van die parkeerarea. Ons doen daagliks 'n deeglike skoonmaak om seker te maak ons fasiliteit is netjies en verwelkomend. Ons noem ook in ons beskrywing dat daar trappe is sodat gaste vooraf bewus kan wees. Die geraas was die yskas, soos met jou en jou dogter bespreek. Ons neem jou opmerkings oor die matras ter harte – elke gas se gemak is vir ons belangrik, en ons sal kyk hoe ons dit kan verbeter.

Larochelle H
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2024

Oulike plekkie met vriendelike mense! Die plekkie is so oulik, en die bed, oh my goodness, slaap so gemaklik dat ons sommer ook so matras wil koop. Mense is baie vriendelik! Ons sal beslis weer hulle gebruik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Samantha
De Vreugd
Baie dankie. Ons hoop julle kom gou weer vir ons kuier!

Monique V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Relaxing. It was brief as we had to attend a family funeral.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Samantha Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 35

Op LekkeSlaap 4 jaar

Vanaf
R 700
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 700
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 404 Fred Nicholson Street, Mayville, Pretoria, 0084, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9b147ac17594559c40f45a1416a0868299b4c35d55dc5be9473fc09f28e21b6559f4d8c6825881f4c66304a354b65a5609ab?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag, vir 2 mense 35 5 1 5 404 Fred Nicholson Street Mayville 0084 Gauteng 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.708592526151 28.197140663125

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang