Successfully reported
+19

Winelands Golf Lodges 10

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strand Road, De Zalze Golf Estate, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 000 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Winelands Golf Lodges 10 is 'n selfsorg-eenheid op die De Zalze Gholflandgoed in die hartjie van die Stellenbosch Wynlande en dit spog met 'n panoramiese uitsig oor die omliggende landgoed.

Hierdie woonstel op die eerste verdieping het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 aparte en suite-slaapkamers met lugversorging. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea het 'n kombuis en 'n sitarea met gemaklike sitplek, asook 'n TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is beskikbaar. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, koffiemasjien, eetgerei en breekware toegerus, asook 'n etenstafel met sitplek vir 6 waar gaste hul maaltye kan geniet.

Die leefarea lei na 'n balkon met 'n ingeboude braai en buitesitplek, wat die ideale plek is vir gaste om die son te geniet en ten volle te ontspan.

De Zalze Gholflandgoed het 'n gemeenskaplike swembad en 'n restaurant wat 'n verskeidenheid maaltye bedien, wat wissel van seekos tot fynproewershamburgers. Boonop bied The Camelot Spa Wellness Centre 'n verskeidenheid behandelings vir gaste wat hulself wil bederf.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.3/5

David Geverifieer

Eiendomme 32

Resensies 27

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Strand Road, De Zalze Golf Estate, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 000
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 000
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 3 000
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strand Road, De Zalze Golf Estate, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8920974815220be0210e7ea8dcc9f7b76dfb84b70074e7f636b5e096a29ffc0be36c2bb3ceb1576aeeded3dd315fe8f56239?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000 per nag (plek vir 4) Strand Road De Zalze Golf Estate 7600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -33.971369 18.833373
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang