Deja Blu
Kry 10% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Geldig vir verblyf vanaf 20 Okt 2025 tot 31 Okt 2025.
- Kapasiteit: 11 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 16 Collingwood Avenue, Plot 570 Trafalgar, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 500R1 350 per nag (plek vir 11)
Beskrywing
Deja Blu is 'n lieflike selfsorgvakansiehuis in die hartjie van die rustige dorpie Trafalgar, Southbroom. Dit kan 'n goeie opsie wees vir 'n wegbreek saam met familie of 'n groot groep vriende aangesien hierdie eiendom bederf met 'n swembad op die perseel.
Dié eiendom bied gerieflike slaapplek vir altesaam 11 gaste op 'n slag en beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers asook 2 gastetoilette. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n driestapelbed, die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n dubbelslaapbank in die gang. 'n Bad is beskikbaar in die tweede badkamer.
Die ruim leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, lugbraaier, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV met Apple TV en Disney Plus. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar. Daar is ook 'n eetarea waar gaste hul maaltye saam kan geniet.
Boonop het hierdie huis 'n binnekroeg met stoele en 'n wonderlike onthaalkamer met 'n pooltafel, 'n veerpyltjiebord en 'n tafelvoetbaltafel. Buite is 'n uitgestrekte tuin met braaigeriewe en 'n uitnodigende swembad met sonstoele vir almal om ten volle te ontspan en die son te geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Tripelstapelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Rhy-leigh Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 10
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 16 Collingwood Avenue, Plot 570 Trafalgar, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Deja Blu het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 11 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 16 Collingwood Avenue, Plot 570 Trafalgar, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang