Dempsey's Self-Catering Guest House
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 36 Lloyd Road, Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
- Vanaf R825 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Dempsey's Self-Catering Guest House bied gerieflike selfsorg-vakansieverblyf in die rustige woonbuurt Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth). Dit kan 'n goeie opsie vir alle reisigers wees, aangesien hierdie eiendom sentraal geleë is en naby alle geriewe is.
Dié gastehuis bied 'n opsie van 2 gesinskamers wat elk 4 gaste op 'n slag kan akkommodeer, 2 2 enkelkamers en 1 dubbelkamer wat elk 'n kapasiteit van 2 gaste het. Die eerste gesinskamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed, terwyl die tweede gesinskamer 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens het. Die 2 dubbelkamers het elk enkelbeddens en die dubbelkamer het 'n dubbelbed. Elke kamer het 'n en suite-stort met óf 'n stort óf 'n bad en 'n stort.
Verder beskik elke eenheid oor 'n kombuisie wat toegerus is met 'n tweeplaatstoof met 'n mini-oond, mikrogolfoond, yskassie, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Dié area het ook 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Vir gaste se vermaak is 'n TV met Openview-kanale en gratis WiFi beskikbaar.
Daar is 'n sonkrag-omskakelaar en rugsteunkragstelsel in plek vir kragonderbrekings soos beurtkrag. Alle eenhede maak oop op 'n patio; daar is egter geen braaigeriewe nie. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel. Die ligging van hierdie gastehuis is 'n entjie vanaf die lughawe, winkels, restaurante, bakkerye en kroeë. Die strand is ook net 'n entjie se ry weg.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Kathy Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 9
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 36 Lloyd Road, Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
- Gaste dink Dempsey's Self-Catering Guest House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 36 Lloyd Road, Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang