Successfully reported

Diaz Strand Ocean 11-23

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 28 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.7
Veiligheid
5.0
Venerecia S
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Aug 2025

Dit was fantasties. Die woonstel was verskriklik netjies, baie mooi en dit het my verwagtinge oortref. Dit het die mooiste uitsig en dit is baie ruim. Dis beslis die perfekte vakansieverblyf.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Caroline J
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Apr 2025

Was kalm en baie rustig. Dit was 'n plesier om by Ocean 11-23 te bly. Ligging sentraal. Plek baie netjies, sal enige tyd weer teruggaan soontoe.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Hubert S
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Apr 2025

Ons het baie lekker gebly. Aal net aanbeveel om by advertensie die Ocen 11 te ver ander na Ocen 2. Sal dit makliker maak om te kry. 11 word aangesien as elf en nie as 2 nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Gillana K
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2025

Baie gerieflik en pragtig. Ons het dit geniet om daar te bly. Sal vir seker weer daar bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Pierré L
Kort verblyf Saam met vriende
4.8
Sep 2025

Het lekker gerus met mooi see uitsig. Ons as vriende van Centurion en die Paarl het 'n heerlike wegbreeknaweek gehad. Die woonstel is goed geleë met 'n pragtige uitsig oor die see. Die eenheid was skoon en netjies en goed toegerus. Welgedaan aan die eienaars.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Runelle P
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Des 2024

Heerlik e. Dit was ongelooflik lekker. Ons het heerlik gekuier. Die uitsig is prentjiemooi. Die ligging is perfek en die eenheid het alles wat mens moontlik kan nodig kry. Baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anita J
Lang verblyf
5.0
Feb 2024

Baie lekker! Ruim woonstel met lieflike see uitsig. Rustige omgewing. Sal definitief weer daar gaan bly!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jandrell L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Apr 2024

Rustigheid, gerustellend, groot leef area en die uitsig is wonderlik. Dit was als die moeite werd. Ons het baie lekker gebly sonder geraas of harde musiek. Ek sal enigeen die verblyf aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Gerhard B
Kort verblyf Gesin met tieners
4.0
Jan 2024

Steeds lekker met al die frustrasies. Die eenheid het fantastiese see-uitsig, is goed toegerus met goeie uitleg. Die hoofslaapkamer se matras is egter op en moes ons spierverslappers sluk om die "springs" elke nag te beveg. Die gasbottels van die braai was leeg met ons aankoms en het die eienaar van ons verlang om 'n plek te soek om dit te laat hervul, wat 'n bietjie van 'n suur smaak in die mond gelaat het. Die eienaar was bewus daarvan dat die toegang tot die strand gesluit was weens die vloede van November '23, maar nagelaat om ons daarvan te verwittig. Ons het juis op die eenheid besluit teneinde maklike toegang tot die strand vir my skoonma van 78 te bied.

Netheid
4.0
Diens
2.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
HANLIE JACOBA
Diaz Strand Ocean 11-23
LS-4W6RMZ - Diaz Strand Ocean 11-23 Hi Gerhard, Hoofslaapkamer: Spierverslappers. Ons het matrasse vervang - 13.11.2023 - R 17503.98 by Dial a Bed (2 matrasse) - Die skoonmakers was daar toe matrasse vervang was en ou matrasse was uitgedeel aan werkers. Ek kan regtig nie sien hoe Gerhard spierverslappers moes gebruik het met splinternuwe matrasse nie! Die 2 x enkel beddens het wel ou matrasse op, maar die hoofslaapkamer (queen) en die 2de kamer het nuwe matrasse gekry (dubbel). Gasbottels - 2: Toe Gerhard ons laat weet van lee bottels het my man – Johan – om verskoning gevra en gevra dat hy asb die bottels kan gaan volmaak – Jy het rek gestuur van R 350 en ek het jou betaal R 500 vir die ekstra moeites. Die gasbottels bly maar ‘n problem in woonstel en om te bepaal wanneer dit leeg is, is ook moeilik. Daar was gaste in woonstel voltyds vanaf Nov 23. Ons het nou ‘n gas besigheid gekry wat maandliks sal inloer by woonstel en dan die lee bottels volmaak. Dit gaan nie weer gebeur nie – jammer daaroor. Trappe na die strand: Ek het al my gaste laat weet dat trappe met vloede weg gespoel het en dat die Body Corporate laat weet het dat dit eers later in 2024 sal vervang kan word want hulle moet planne instuur vir die trappe. Hulle mag nie net trappe tydelik regmaak nie. Gerhard het ongelukkig 6 Jan 2024 die bespreking by woonstel gemaak en my mede werker hier op ons kantoor het vir hom al die nodige inligting aangestuur, maar het vergeet van die 'trap storie'. Ek was ongelukkig nie op kantoor nie anders sal ek dit ingesit het. Dit staan egter op ‘n plakkaat groot in die enigste hysbak van woonstel asook in die voor portaal van woonstel van die wegspoel van trappe. By die nota staan daar waar al die gaste moet gaan om by die strand uit te kom. Die wegspoel van trappe was 'an act of God' – die hele strand by Diaz, Mosselbaai en Hartenbos het groot skade gelei met Nov se vloede - dit was orals op die nuus. Daar was nerens by daardie strook meer trappe nie - tot die strande se sand was glo weg gespoel gewees. Langs Ocean 11 is die Diaz hotel en al die gaste van Diaz area het glo daar afbeweeg na die strand toe. Dit is 100 meter vanaf Ocean 11 af. Ons kon regtig nie daarvoor kwalik geneem word nie? Die Body Coporate is nou besig met die planne se goekeuring by die munisipaliteit. Sal binne die volgende 6 maande vervang word. Ek is jammer dat Gerhard so ‘n slegte vakansie gehad het - hopelik kon hy al die spierverslappers los terug by die huis. Ek kan maar die kostes van die spierverslappers ook betaal net soos ek die gasbottel se gelde terug betaal het. Laat weet maar! Die trappe sal wel vervang word later in 2024 nadat die Body Corporate dit goed gekeur het. Gelukkig is daar 99,9 % gaste wat kom kuier in Ocean11 no 23 en die woonstel geniet! As daar probleempies is word dit onmiddellik opgelos. Ons fone is altyd aan of ons hier in RSA is of nie. Groete, Hanlie du Toit

Janine H
Kort verblyf Gesin met tieners
4.8
Des 2023

Baie lekker, gerieflik en netjies skoon. Pragtige uitsig. Fantastiese tyd gehad.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

HANLIE JACOBA Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 78

Op LekkeSlaap 8 jaar

Vanaf
R 1 700
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 700
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 1 700
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 41 Beach East Boulevard, Oceans 2, Hartenbos, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAddb8472dbe1e692ecb82c4b7d8b3a4566840ee2e2d69ee5900a2d5c2b89c933738bc91f6f4a565ca043305322a666a9944aa?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 700 per nag (plek vir 6) 28 5 1 5 41 Beach East Boulevard Oceans 2 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.157927450838 22.108885645866

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang