Diaz Views
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 46 Diaz Road, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Diaz Views is 'n strandwoonstel vir 6 in Jeffreysbaai.
Dié grondverdieping-woonstel het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n slaapbank vir 2 in die leefarea. Een van die badkamers het 'n stort-oor-bad en die ander een het 'n stort. Gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, stoof, oond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n toonbank. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër is beskikbaar.
Die sitarea het 'n TV met die volle DStv-pakket en dit lei na 'n stoep met 'n braai-area. Veilige parkeerplek word in die kelderverdieping voorsien en gaste kan dan trappe of 'n hyser na die eenheid neem. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.
Jeffreysbaai het 'n rits doendinge soos swem, branderplankry, snorkel, walviskyk, visvang, sandplankry en in die Kabeljous Natuurreservaat gaan stap asook bergfietsry en vierwielmotorfietsry. Gaste kan ook die Jeffreys Bay Surf, en Shell Museum besoek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Basil Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 27
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- 46 Diaz Road, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
- Gaste dink Diaz Views het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 46 Diaz Road, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang