Die Boomhuis
-
Kapasiteit: 6 persone
4 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 22 Melkhout Street, Pearly Beach Resort, Pearly Beach, 7220, Wes-Kaap
- Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Die Boomhuis bied gerieflike verblyf in die Pearly Beach Oord, teen die Melkhout-duin en is sowat 100 m vanaf die strand. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n huislike vakansie-atmosfeer. Dit is veilig vir kinders en daar is 24 uur-sekuriteit.
Die huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Albei slaapkamers het dubbelbeddens en die eerste slaapkamer se en suite-badkamer en die tweede badkamer het elkeen 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, broodrooster, skottelgoedwasser, basiese eetgerei en breekware, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.
Die leefarea het 'n slaapbank vir kinders, 'n etenstafel met stoele en braaigeriewe. Gratis WiFi en DStv is beskikbaar.
Die skuifdeure lei na die privaat buitearea met sitplek en braaigeriewe waar daar heelik gekuier kan word terwyl daar geluister word na die branders. Veilige onderdakparkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Kinderbank vir 2
Badkamer
Stort, Toilet
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Marelese Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 13
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 22 Melkhout Street, Pearly Beach Resort, Pearly Beach, 7220, Wes-Kaap
- Gaste dink Die Boomhuis het ’n uitstekende ligging
-
Kapasiteit: 6 persone
4 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 22 Melkhout Street, Pearly Beach Resort, Pearly Beach, 7220, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang