Die Candle Cottage @ Keurkloof Valley Farm
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: N9, Farm Gorgida Portion 4, Uniondale, 6460, Wes-Kaap
- Vanaf R800 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Die Candle Cottage by Keurkloof Valley Farm is 'n lieflike selfsorgwoonstel met 'n privaat ingang op die eienaar se plaas, buite Uniondale. Dit is 'n ideale opsie vir gaste wat op soek is na 'n rustige en gemaklike oornagplek op hul reis.
Dié eenheid het slaapplek vir tot 2 gaste en is ingerig met 'n koningingrootte-bed. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuisie is toegerus met 'n yskassie, tweeplaatstoof induksiestoof, mikrogolf, eetgerei en breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n ontbyttoonbank met stoele. Die kamer beskik ook oor gemaklike sitplek. Toegang tot Wi-Fi is beskikbaar.
Gaste kan 'n onderdakstoep met braaigeriewe en 'n etenstafel en uitsigte oor die omliggende berge geniet. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Hierdie eiendom is ongeveer 40 km buite Uniondale en 26 km van Willowmore af. In dié twee dorpe kan gaste geriewe soos winkels en restaurante vind.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Christel Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 9
Op LekkeSlaap 9 maande
Ligging
- N9, Farm Gorgida Portion 4, Uniondale, 6460, Wes-Kaap
- Gaste dink Die Candle Cottage @ Keurkloof Valley Farm het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: N9, Farm Gorgida Portion 4, Uniondale, 6460, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang