Die Dorpshuis
Beskrywing
Spekboom is 'n aparte en privaat oopplan woonstel in Die Dorpshuis GRT. Dit het 2 enkelbeddens, 'n klein, goed toegeruste kombuisie vir selfsorg. Die 2 enkelbeddens kan na 'n kingbed verander word. Die aparte toilet en badkamer is deel van die eenheid en heeltemal privaat. Die badkamer besit 'n wasbak en groot stort en die badkamervertrek is langs die toiletvertrek. Die klein kombuisie het 'n mikrogolf, kroegyskas, broodrooster, ketel en induksieplaat. Breekgoedere, eetgerei, potte, 'n pan en bedieningsbakke word voorsien. Die eenheid het sy eie privaat buite-area onder 'n veranda. Daar is 'n tafel met stoele en 'n braaidrom met rooster, hout en vuuraanstekers. 'n Braaibak word ook voorsien. Die eenheid het 'n lugreëling en verniet Wi-Fi. Al die DStv-kanale kan op die TV gekyk word. Handdoeke, koffie, suiker, tee, melk, skottelgoedseep en badkamer-benodighede word voorsien. Die parkeerplek vir motors, sleepwaens en woonwaens is veilig binne 'n omheinde erf.
Oorsig van kamer/eenheid
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Badkamer
Buitelug
Kombuis & eetkamer
Nutsdienste & kantoorgeriewe
Parkeerplek & toegang
Reëls & veiligheid
Slaapkamer & wassery
Temperatuurbeheer
Vermaak
Toeganklikheid
Kansellasiebeleid - Matig
| Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
| Meer as 1 week voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
| Minder as 1 week voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
Beskrywing
Granaat is 'n oopplan-eenheid met lugversorging. Dit bied slaapplek aan 3 gaste in 'n koningingrootte-bed en 1 enkelbed. Die en suite-badkamer het 'n instapstort, wasbak en toilet. Die leefarea met 'n etenstafel, 3 stoele en 'n kombuisie is deel van die slaapkamer wat met 'n induksiestoofplaat, yskassie, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Gratis WiFi en 'n TV met volledige DStv is beskikbaar. Buite is daar 'n stoep met buitemeubels en braaigeriewe. Badkamerbenodighede, hout en vuuraanstekers word gratis voorsien. Parkering is veilig binne ń omheide erf.
Oorsig van kamer/eenheid
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Badkamer
Buitelug
Kombuis & eetkamer
Parkeerplek & toegang
Temperatuurbeheer
Vermaak
Prys sluit in
Selfsorg
Kansellasiebeleid - Matig
| Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
| Meer as 1 week voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
| Minder as 1 week voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
Beskrywing
Num-Num is 'n oopplan-eenheid met lugversorging. Dit bied slaapplek aan 3 gaste en het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed. Die aparte en privaat badkamer het 'n instapstort, bad, wasbak en toilet. Die slaapkamer lei na 'n leefarea met 'n etenstafel en 'n kombuisie wat met 'n induksiestoofplaat, yskassie, mikrogolf, eetgerei, breekware, potte 'n pan en opskepbakke toegerus is. Gratis WiFi en 'n TV met volledige DStv-kanele is beskikbaar. Buite is daar 'n stoep met buitemeubels en braaigeriewe. Daar is 'n tafel met stoele en 'n braaidrom met rooster, hout en vuuraanstekers. 'n Braaibak word ook voorsien. Handdoeke, koffie, suiker, tee, melk, skottelgoedseep en badkamer-benodighede word voorsien. Die parkeerplek vir motors, sleepwaens en woonwaens is veilig binne 'n omheinde erf.
Oorsig van kamer/eenheid
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Badkamer
Buitelug
Kombuis & eetkamer
Parkeerplek & toegang
Temperatuurbeheer
Vermaak
Prys sluit in
Selfsorg
Kansellasiebeleid - Matig
| Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
| Meer as 1 week voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
| Minder as 1 week voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 44 Donkin Street, Graaff Reinet, 6280, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang