Successfully reported
+32

Die Stoep

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 17 Pretorius Street, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 700 per nag, vir 10 mense

Beskrywing

Die Stoep is 'n pragtige Karoo-styl plaashuis met Victoriaanse detail wat uit 1860 dateer. Dit is een van die eerste huise wat in Calitzdorp gebou is. Daar is 'n groot onderdakstoep reg rondom die huis met 'n hele paar deure wat daarna lei. Die huis het Oregon-vloere en skuifvensters met luike. Die luike word steeds gebruik om die temperatuur van die huis te reguleer.

Die plafon is hoog, die mure van modderbaksteen en daar is hortjies, dus is die huis koel in die somer en warm in die winter.

Die plaashuis het slaapplek vir 10 gaste in 3 slaapkamers. Perkallinne en handdoeke word voorsien. Die hoofslaapkamer, Volstruis, het 'n koninggrootte-bed, stapelbed, kas en 'n spieëltafel. Die tweede slaapkamer, Springbok, het 'n dubbelbed, kas en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Dié kamer lei via die kroeg na die binnehof. Die derde slaapkamer, Meerkat, lei na die onderdakstoep, en het 'n dubbelbed, kas en 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en stort. Daar is 'n dubbelslaapbank in die eetkamer. Daar is 'n aparte badkamer met 'n toilet, wasbak en uitstekende stort-oor-bad.

Die ruim eetkamer is in die middel van die huis en het sitplek vir 10 gaste. Die sitarea het 'n kaggel en lei na die stoep. Die kombuis het gesellige sitplek en 'n kaggel. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, stoof, mikrogolfoond, koffiemasjien, stoompot, skottelgoedwasser, wasmasjien, eetgerei, breekware en glasware. Daar is ook 'n braairooster, tang en potjiekos-potte.

Die kombuis lei na die binnehof aan die een kant en die kroeg aan die ander kant. Daar is 'n muur reg om die binnehof, en ook ingeboude sitplek en 'n vuurpit. Gaste kan hier na die sterre kyk. Die huis het 'n onderdakbraai- en onthaalarea. Ander geriewe sluit 'n alarmstelsel, WiFi, 'n TV in die kombuis met Netflix, en parkeerplek op die perseel in.

Daar is 'n ideale plek vir sterrekyk langs die plonspoel in die tuin, asook 'n onderdak-sitarea buite by 'n Dover-stofie.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 1 Leefarea 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

4

1 x Koninggrootte-bed

1 x Stapelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
Lugversorging
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
Stroomdienste
Kaggel
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 24 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Jonathan P
5.0
Gemaklik, tuis! Baie lekker gebly, dankie!
Mei 2025
Ike L
5.0
Wonderlike naweek! Baie dankie. Ons het baie lekker gebly en sal definitief weer daar bly.
Jan 2024
Lorenne O
Saam met vriende
4.8
Comfortable and well equipped. Die Stoep was a perfect stay for our group of 8. The kitchen is well equipped. The host provided bottled...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Gideon B
Saam met lewensmaat
4.8
Sien hierbo. Die stoep: Netjies, gerieflik en meer as volledig toegerus, kleurvol en pragtig aangebied en versorg!
Aug 2025
Leonie V
Saam met vriende
4.2
Die Stoep is 'n pragtige ou huis en dit was 'n goeie oornagplek. Die pragtige ou huis is netjies en goed toegerus. Dit is binne stapafstand van goeie ...
Sien meer
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Sally Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 24

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 17 Pretorius Street, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
  • Gaste dink Die Stoep het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 700
per nag, vir 10 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 700
per nag, vir 10 mense
Vanaf
R 3 700
per nag, vir 10 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 17 Pretorius Street, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA36b0f8d59bba67f5dbe6357184c4754c0cae3c0ee0487cab46c2ea858cc4502e159d449a053257cac58359c8e2bbc725161a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 700 per nag, vir 10 mense 24 5 1 5 17 Pretorius Street Calitzdorp 6660 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -33.53301750484 21.688370259292
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang