Successfully reported

Die Stoor

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.1
Veiligheid
4.7
John W
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2025

Baie lekker op die plaas en pragtige uitsig oor die canola lande. Lekker plek om weg te kom van die stadslewe af. Rustig en het alles wat jy nodig het. Gasvrou uitsteekend en vriendelik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Lourens M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2025

Kuier in Moorreesburg vir skoolsport. Rustig en veilige plaaslewe geniet. Heerlike rustige en veilige naweek gehad in Moorreesburg by die Stoor. Ons was verras deur 'n gratis opgradering na 'n groter huisie. Die Vadersdag-ete was besonders lekker, en ons het dit geniet om die plaaslewe van naby te ervaar. Ons het ook waardevolle advies gekry oor waar om fiets te ry.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Wilinda
Die Stoor
Ek glo ons sien julle sommer gou weer en sal julle laat weet van Moedersdag en Vadersdagetes en ander spesiale aanbiedinge. Plaasliefde

Hennie V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2025

Rustigheid, vrede en stilte. Baie lekker gebly. Die rustigheid van die olyfbome en die koringlande rondom is 'n lafenis vir jou siel. Die plaasatmosfeer het my kinderdae by my laat opkom. Die plaas is baie netjies versorg. Ons het baie lekker gebly; alles wat ons nodig gehad het, was daar. Die vadersdagete was regtig iets besonders en baie spesiaal. Het baie moeite gedoen.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Wilinda
Die Stoor
Ons is dankbaar en hoop om julle spoedig weer te ontvang. Sal julle op hoogte hou van spesiale aanbiedinge en etes. Plaasvreugdes

Owen D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.2
Jun 2025

Lekker om te bly, gaan eet maar uit. Ons het twee aande gebly, die eerste aand was daar geen warm water a.g.v. 'n gas geyser wat afskakel na net so paar sekondes se warm water. Die probleem was die volgende oggend opgelos, lees aan die einde van die stuk vir die oplossing. Die stort het ook geen deur of gordyn nie en dit het regtig een nodig, die hele vloer is sopnat na 'n stort sessie (selfs na ons probeer het om so min as moontlik te mors). Die skottelgoed was nie die skoonste gewees nie, meer stof as enigiets anders. Die enigste kookpot was onbruikbaar, geroes en vuil. Daar was geen braai plek wat ek kon sien nie en selfs al is daar een weggesteek, daar is geen braai gerei in die eenheid nie. Die DStv het ook glad nie gewerk nie. Gelukkig was dit nie veel van 'n probleem vir ons nie, omdat ons nie daar was om TV te kyk nie. Nou dat die slegte goed uit die pad is, die goeie: Baie lekker uitleg. Kaggel wat die hele eenheid warm gemaak het. Aircon om die koue byt uit die lug te vat. Geleë tussen die skape, so dit klink mooi as mens net bietjie sit en luister. Stort instruksies: Draai die warm water redelik groot oop. Wag vir die water om koud te word (die geyser het afgeskakel). Draai die kraan toe. Wag so 10 sekondes en draai weer oop. Die geyser skakel weer aan en sal aanbly vir 4 minute tot die timer dit weer afskakel.

Netheid
3.0
Diens
2.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0
Wilinda
Die Stoor
Alle relevante inligting is vooraf aan Owen gestuur. Daar is versoek dat hulle asseblief moet aanmeld met hul aankoms, maar ongelukkig het dit nie plaasgevind nie. Hulle is meegedeel dat die sleutel in die deur sou wees, met die versoek om ons te kontak wanneer hulle arriveer, sodat ons hulle kon verwelkom en belangrike inligting kon oordra. Die groep was hier vir 'n troue, en al die ander trougaste het wel kontak gemaak — behalwe Owen en sy geselskap. Op Vrydagnag om 00:45 het ons 'n WhatsApp-boodskap van Owen ontvang in verband met die stort. Die gasstorte het 'n timer wat ná 7 minute afskakel, en die gasbottel was volledig vol. My man het die volgende oggend om 08:00 by die eenheid gaan aanklop, maar niemand het oopgemaak nie. Hy het weer om 09:30 probeer, sonder sukses. Teen 10:00 het ons 'n WhatsApp-boodskap ontvang waarin aangedui is dat daar nog niemand by hulle was nie. My man het weer om 10:00 geklop, en kon hoor dat die stort aan is, maar daar was steeds geen reaksie nie. Al hierdie kommunikasie is op WhatsApp aangeteken. Daar is ook 'n lapa met 'n binnebraai beskikbaar vir die kouer maande. Die betrokke gas sal kan bevestig dat dit op 7 Junie 2025 'n nat en reënerige dag was. Indien daar by aankoms aangemeld was, soos die ander gaste gedoen het, sou hierdie inligting aan hulle deurgegee gewees het. Laastens, DStv werk definitief in al ons eenhede. Ons verstaan dat elke gas se ervaring uniek is. Ons deel hierdie terugvoer met respek en hoop dit help om enige As die gas ons ingelig het toe hy aangekom het, sou ons vir hom ’n lys kon gee van dinge waartoe hy toegang sou hê, maar hy het nooit gedoen nie, en dit het daartoe gelei dat hy nie bewus was van die braaigeriewe nie

Cheryl E
Kort verblyf
5.0
Aug 2024

Dit is 'n lekker plek om weg te breek van jou daaglikse besige lewe. Die naweek was kalm en baie rustig. Ek het dit baie geniet.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anonieme gas
Kort verblyf Gesin met klein kinders
2.8
Nov 2024

Netheid
2.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
1.0

Carol M
Kort verblyf Besigheidsreis
3.6
Sep 2023

Disappointing stay. No WiFi and broken door and frying pan handle. Disappointing to arrive to find the door would not open. Then there was no Wi-Fi at all! When we went to cook breakfast, the frying pan had no handle and we had to call the owner again - after day two we requested the door be fixed as we had difficulty in opening it at all. Not a pleasant stay.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
2.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Sharon R
Lang verblyf Saam met lewensmaat
3.0
Jan 2023

Disappointing but not all due to host. Hot temperatures reaching 41°. Without the air con we would not have been able to stay. Thank you for that. Although decor was pleasing the place was neglected, too many cobwebs and dusty. The bedding and towels were clean. Kitchen equipment was limited; no bread knife, bottle opener, corkscrew. The shower could not be regulated! Either cold or scalding hot, fortunately because of the hot weather cold showers were not too bad. The couple next door had the same problem. Johnny, the maintenance chap came to unblock the shower drain but was unable to sort out the water regulator. Maybe okay for a weekend but not a long stay.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
2.0
Diens
2.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
2.0
Wilinda
Die Stoor
Hallo Sharon, thank you for the feedback. This time of the year, the South Eastern-wind, well known to everybody, is blowing. We are situated on a farm, and after harvesting, the field is barren and you will have dust. My cleaning team actually did clean the unit the day before, again, and also, without any extra cost, came in to clean your unit and provide new bedding and clean towels. Johny did mention to us that there was some dog's hair in your shower, and that maybe was part of the reason why your shower clotted. You had your dog with you and we actually do not allow dogs, but we did give you special permission to bring your dog along. When writing a review, I always think it would be good to point out things you feel one could better, but key is to mention the extras your host did for you that was not part of the obvious. There is also a bottle opener for beer bottles, but not a corkskrew, because most wine bottle nowadays does not have corks anymore but screw caps. Sorry for not catering for the corkscrews. Kind regards, Wilinda

Lizette B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2022

Wilinda made sure that we were happy. Coffee, tea, sugar, milk and even rusks were provided. My husband and I enjoyed the long walks on the farm. We will definitely be coming back.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Charl P
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Jul 2022

Dit was regtig heerlik. Dit was maklik en regtig heerlik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Wilinda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 15

Op LekkeSlaap 6 jaar

Vanaf
R 1 100
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 100
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 11:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Ebenhaezer Farm, Moorreesburg, 7310, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9706525a64ee47585523f6eb1471474b9658f85bdbe21af75a327478fca70c559ee976e74c9e0423402ad2e60d9fa0a2275d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2) 15 5 1 5 Ebenhaezer Farm Moorreesburg 7310 Wes-Kaap 021 201 8901 11:00-21:00 12:00 -33.156122509284 18.654708210379

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang