Die Vygie Seehuis
-
Kapasiteit: 4 persone
2 volwassenes, 2 kinders - Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Farm Misgunst, Vlees Bay, Mossel Bay, 6504, Wes-Kaap
- Vanaf R1 950 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Die Vygie Seehuis is 'n bekoorlike selfsorghuis wat op 'n kleinhoewe in Vleesbaai, een van die mees gesogte kusoorde op die Tuinroete, geleë is. Hierdie verblyf spog met 'n pragtige uitsig oor die see en op die berge. Dit is sowat 700 m vanaf die strand en ideaal vir 'n gesinsvakansie of 'n naweekwegbreek.
Dié kothuis het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n stapelbed. Gaste deel 2 badkamers, waarvan een 'n bad, stort en 'n toilet het en die buitebadkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware, koffie-en teemaakgeriewe, wasmasjien en 'n skottelgoedwasser toegerus. Die eetarea lei na 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n kaggel wat ook as 'n binnebraai gebruik kan word.
Die deure lei na 'n lieflike stoep met buitesitplek en 'n -braai met 'n uitsig oor die see. Onderdakparkeerplek is op die perseel vir 2 voertuie beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Kinderbed vir 1
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Ilse Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Farm Misgunst, Vlees Bay, Mossel Bay, 6504, Wes-Kaap
- Gaste dink Die Vygie Seehuis het ’n uitstekende ligging
-
Kapasiteit: 4 persone
2 volwassenes, 2 kinders - Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Farm Misgunst, Vlees Bay, Mossel Bay, 6504, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang