Successfully reported

Dolphin Coast Doll House

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Charl D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2025

Heerlik. Ons het heerlik gebly, ons het elke oomblik geniet!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Zeltha W
Lang verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Sep 2025

Vir 'n gesin met 'n hondjie, uitstekend! Die rustigheid was ongelooflik lekker, net wat ons nodig gehad het. Gerieflik, skoon en gemaklik. Baie dankie!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Abigail S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2025

Pragtige, troeteldiervriendelike huis naby die strand - sterk aanbeveel! Ons het ’n wonderlike tyd gehad by die pragtige Dolphin Coast Doll House! Die huis is modern, knus en baie ruim, met ’n stylvolle en gemaklike gevoel wat dit regtig soos ’n tuiste laat voel het. Alles was silwerskoon en goed onderhou, en ons het alles gehad wat ons nodig gehad het in die kombuis — potte, panne en eetgerei — wat dit maklik gemaak het om te kook. Die ligging is fantasties, net ’n kort entjie se stap van die strand af, en die buurt het veilig en rustig gevoel. Ons het veral gehou van die twee buite sitareas — perfek vir ’n ontspanne brunch of om koffie in die son te geniet. As troeteldiereienaars het ons baie waardeer hoe veilig die hondjieheining is; dit het vir ons gemoedsrus gegee dat ons hond veilig kan speel sonder om die eienaars te pla. Oor troeteldiere — die honde op die perseel is baie vriendelik en goed gesosialiseer — regte lieflinge! Marné was ongelooflik vriendelik en behulpsaam, en was 24/7 beskikbaar vir enige vrae. Sy het ook ’n fantastiese brosjure gestuur met inligting oor plaaslike besienswaardighede, troeteldiervriendelike strande, restaurante en meer — regtig ’n deurdagte toevoeging. Die luukse toestelle en gerieflike stort het die verblyf nog lekkerder gemaak. Ons sal hierdie plek beslis aanbeveel vir enigiemand wat op soek is na ’n skoon, moderne en troeteldiervriendelike wegbreek. Ons sal graag weer hier wil bly!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marné
Dolphin Coast Doll House
Ek is so bly julle het lekker gebly! Baie dankie dat julle die eenheid in so 'n goeie kondisie gelaat het - dit het nie eers gelyk of daar iemand gebly het nie! Ons hoop julle en Daisy kom sommer gou weer kuier!

Annika S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2025

Skoon, baie netjies en gemaklik. Baie lekker gebly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Arno H
Lang verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2025

Wonderlik, veilig, netjies, naby als. Baie lekker gebly, eenheid was netjies en modern. Als was daar wat mens benodig. Die Aircon en wasmasjien was die lekkerste bederf. Sal vir seker weer daar bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marné
Dolphin Coast Doll House
Arno, baie dankie vir die mooi review - ek sien uit om julle weer hier te verwelkom! Tot volgende keer. Groete Marné

Jan C
Kort verblyf
5.0
Jan 2025

Luuks, dierevriendelik, pragtige dekor! Baie dankie vir jou gasvryheid asook wat altyd reggestaan het om te help! Die mooiste, skoonste, lieflike plekkie met alles beskikbaar waar ons in 'n lang tyd gebly het. Pragtige see-uitsig! Die plekkie is waarde vir geld! Ons twee honde, Lilly en Roxy, het hulle net so geniet. Sal dit 150% aanbeveel en definitief weer daar gaan bly! Dis van nou af ons plekkie om vakansie te gaan hou in Ballito. Dit is mooier as op die foto's! Al jammerte is dat ons vir langer moes bespreek het, maar ons gaan vir seker volgende keer!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Lisle B
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2024

Baie dankie Marne! Jou plek is pragtig! Die pragtigste, mooiste, skoonste alles-in-een plek waar ons in 'n lang tyd gebly het. Sal dit oor en oor aanbeveel en definitief weer daar gaan bly. Fantasties gewees! Dit is mooier as op die foto's!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marné
Dolphin Coast Doll House
Baie dankie vir die pragtige resensie, Lisle. Ons hoop om julle sommer gou weer by The Dolphin Coast Doll House terug te sien!

Dries J
1 nag Besigheidsreis
5.0
Jun 2024

Wonderlik, luuks, stapafstand van strand. Pragtige huisie om oor te slaap. Baie stylvol en luuks uitgerus. Wonderlike bedlinne en vars kwaliteit handdoeke. Stapafstand van strand. Ons sal definitief graag weer daar oorslaap.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marné
Dolphin Coast Doll House
Baie dankie vir die pragtige resensie - ek hoop ons sien julle gou weer hier by die Dolphin Coast Doll House!

Vanessa B
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jun 2024

Netjies, stil, goed ingerig. Ons het dit baie geniet. Baie rustig, stil en privaat.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marlene S
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Mrt 2024

Heaven on earth. Dit is 'n amazing plekkie en die eienaar, verwelkom ons so dat jy tuis voel. Alles is netjies, mooi, modern en skoon. Puik! Ek wil meer as 5 uit 5 gee. Sal elke keer as ek Ballito toe gaan, by Dolphin Coast Doll House gaan. Dit is groot genoeg en privaat.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Marné Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 19

Op LekkeSlaap 4 jaar

Vanaf
R 1 330
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 330
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 1 330
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
    2 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 9 Dolphin Crescent, Shaka’s Rock, 4399, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe9664d1bb917106ac08e575579a6a1eb9aaf1dd5bd3296b626770f79d24cdfa94b29aef28b642e2bcdbf588daedc5414ae90?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 330 per nag (plek vir 4) 13 5 1 5 9 Dolphin Crescent Shaka’s Rock 4399 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -29.508481008525 31.231464665012

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang