Dolphin Escapes
Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6. Geldig vir verblyf vanaf 10 Mrt 2025 tot 14 Des 2025.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Corner of Dolphin Crescent and Eland Street, Ballito, Dolphin Coast, 4420, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R2 500R2 143 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Dolphin Escapes is 'n selfsorg-woonstel in Ballito. Dis 600m vanaf die gewilde Willard-strand. Die woonstelblok is in 'n rustige, tropiese tuin geleë en spog met 2 verfrissende swembaddens en 'n braai-area onder die bome.
Dié gerieflike vakansiewoonstel op die tweede verdieping word via 'n hysbak bereik en het 3 slaapkamers en 2 badkamers, en bied slaapplek aan 6 gaste. Die hoofslaapkamer beskik oor 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede kamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer is ingerig met 2 enkelbeddens. Die kamers deel ’n tweede badkamer het 'n bad en stort-oor-bad.
Hierdie eiendom word vanweë sy ligging nie deur beurtkrag geraak nie.
Die kombuis, sitkamer en eetarea het 'n oopplan-uitleg. Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond. 'n Wasmasjien en tuimeldroër word voorsien. Die leefarea bied toegang tot 'n ruim balkon waar gaste op koel somersaande lekker kan kuier. DStv-Access is ook beskikbaar en daar is ook oorgenoeg parkeerplek buite agter 'n elektroniese hek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
3.8/5
Janice Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 55
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Corner of Dolphin Crescent and Eland Street, Ballito, Dolphin Coast, 4420, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Dolphin Escapes het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Corner of Dolphin Crescent and Eland Street, Ballito, Dolphin Coast, 4420, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang