Successfully reported
+14

Donkieshoek

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 722, Rooierwe, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 400 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Donkieshoek is 'n kleinhoewel in Calvinia en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of 'n groep vriende. Dit is naby winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede.

Die eenheid beskik oor 2 slaapkamers wat elk 'n koningingrootte-bed, 1 enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak het.

Die kombuis is met 'n induksiestoofplaat, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus.

Die sitarea het 'n gemaklike rusbank en 'n TV met DStv (indien dit vooraf gereël word). Daar is 'n eetarea met genoeg sitplek. Gaste het ook toegang tot die komplimentêre WiFi. Daar is 'n binnebraai-area wat ook as 'n kaggel ingespan kan word.

Die eenheid bied toegang tot die stoep met braaigeriewe en 'n uitsig op die Hartamberge.

Vaaltyn, Milly en Krisjan, die 3 inwonende donkies sal gaste 'n warm verwelkoming besorg.

Daar is veilige parkeerplek op die perseel met laserstraalsekuriteit en kameras.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koningingrootte-bed

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 96 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Johan M
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker gebly, dankie. Sien sterre.
Sep 2025
Karin M
Saam met vriende
5.0
Oase met presies alles wat nodig is en meer vir verblyf. Absoluut aan te beveel. Vriendelike en deeglike gasvrou, pragtige plek, goed toegerus, alles ...
Sien meer
Sep 2025
Chris H
Saam met vriende
5.0
Fantasies. Fantasies en baie lekker oornag.
Aug 2025
Nellerie V
Saam met vriende
5.0
Uitstekend! So lekker. Wens ons kon langer bly. Netjies, vriendelike ontvangs en die buite-gaste maak dit nog beter.
Aug 2025
Elizabeth D
Saam met lewensmaat
5.0
Baie vriendelik ontvang. Ja, alles is netjies en skoon. Kort niks nie.
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Jc Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 109

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Plot 722, Rooierwe, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
  • Gaste dink Donkieshoek het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 400
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 1 400
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 722, Rooierwe, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9d734640f91cb247c7facdf6bdba0e0dde85268390bf2b86e993b50797665da03c73597f07301e457527cf50c0d1aee4cfaf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag (plek vir 6) 96 5 1 5 Plot 722 Rooierwe 8190 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -31.457975745281 19.791915239563

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang