Successfully reported
+20

Dream a Little Self-catering

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7 Dorries Drive, Froggy Farm, Simon's Town, 7975, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 000 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Dream a Little Self-catering is in Froggy Farm, 'n buurt in Simonstad geleë en bied gerieflike verblyf in 'n selfsorgwoonstel met fantastiese uitsigte oor Valsbaai. Gaste kan die pragtige sonsopkoms bewonder en snags kyk hoe Vishoek, Kalkbaai, Muizenberg en Gordonsbaai se liggies oor die baai flikker.

Dié woonstel het 'n privaat ingang. Daar is slaapplek vir 2 gaste in die slaapkamer en nog 2 gaste op 'n dubbelbed in die sitarea. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n ingeboude kas, en daar is plafonwaaiers in die sitarea en slaapkamer. Die badkamer het 'n bad en 'n aparte stort, en die sitarea het 'n TV met DStv. Die oopplan-kombuis is met 'n elektriese stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus. Linne en badhanddoeke word voorsien. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring, maar dit kan ook teen ekstra koste voorsien word. Die woonstel het WiFi en daar is parkeerplek op die perseel vir 1 voertuig.

Die omgewing bied koffiewinkels en restaurante. Kaappunt, waar die Atlantiese en Indiese Oseaan kopstamp, is slegs 22 km ver en die bekende Boulderstrand, waar jy saam met die pikkewyne kan swem, is net 1,9 km ver. Fisherman's beach is 200 m ver.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Leefarea

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
DStv
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 31 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Dale M
Gesin met klein kinders
5.0
Great location, room and host. Great location and was excellent to deal with. The room was clean and neat.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025
Valery M
Saam met lewensmaat
5.0
Lovely hosts. Beautiful place. Beautiful location with amazing views. And lovely hosts. We very much enjoyed our stay (too short) stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Carlay P
Saam met lewensmaat
5.0
The stay was amazing, everything in the accommodation was provided for. The owners/hosts were amazing, kind and provided everything tha...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025
Cherish P
Gesin met tieners
5.0
Waar mens vrede, kalmte en rus vir jou siel vind. Ons het verskriklik lekker gebly! Eienaars is baie gasvry en vriendelik. Ongelooflike mooi 180° uits...
Sien meer
Apr 2025
Schalk V
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing view! Spacious, clean, quiet. Lovely, quiet stay, clean place, amazing view, spacious apartment. Friendly owner, gave us good t...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Patricia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 31

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 7 Dorries Drive, Froggy Farm, Simon's Town, 7975, Wes-Kaap
  • Gaste dink Dream a Little Self-catering het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 000
per nag, vir 4 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 000
per nag, vir 4 mense
Vanaf
R 3 000
per nag, vir 4 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7 Dorries Drive, Froggy Farm, Simon's Town, 7975, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4fad94123dbbc84a09cc985ae8a57f90645bf0450e65cac06fdfcae277879b11420ee0bfefda651803f491d7d097f257499b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000 per nag, vir 4 mense 31 5 1 5 7 Dorries Drive Froggy Farm 7975 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.20541 18.45665

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang