Successfully reported
+27

Dreghorn Kalahari Game Farm

  • Kapasiteit: 44 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R360, Dreghorn Farm, Askham, 8813, Noord-Kaap
  • Vanaf R500 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Dreghorn Kalahari Game Farm is in die Kalahari-semiwoestyn in die Noord-Kaap en bied gehalteverblyf aan avontuurlustige gaste, natuurliefhebbers en diegene wat op soek is na 'n rustige wegbreek.

Verblyf op dié plaas is beskikbaar in chalets en daar is ook kampeerplekke. Die chalets is tussen die duine gebou en het elk 2 slaapkamers en is geskik vir 4 gaste. Elke slaapkamer het 2 enkelbeddens en die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Linne en handdoeke word voorsien. Die kombuis is met 'n stoof, mikrogolf, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Elke chalet lei na 'n stoep met braaigeriewe.

Die kampeerplekke is weg van die chalets en bied privaatheid. Elke kampeerplek het privaat ablusiegeriewe en 'n opwas-area.

Dreghorn Kalahari Game Farm is op 'n plaas waar daar ook springbokke, gemsbokke, kameelperde en rooihartebeeste is.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Swembad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 24 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Louis H
Gesin met klein kinders
5.0
Alle verwagtinge is oortref! Puik ervaring! Dit het elke verwagting oortref. Vanaf die warm ontvangs, tot die netjiese staanplek en die varsgebakte br...
Sien meer
Jul 2025
Isabel H
Saam met vriende
5.0
Aandag aan detail het ons verblyf aangenaam gemaak. Ons is by aankoms verwelkom deur gasvrou wat ons na ons chalet begelei het, die aand 'n varsgebakt...
Sien meer
Jun 2025
Eddie G
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker. Vriendelike ontvangs. Uitstekend skoon en netjies. Mooi omgewing. Rustig en stil in die natuur. Kalahari mooi. Netjies en skoon. Jammer o...
Sien meer
Mei 2025
Ellane V
Saam met vriende
5.0
Fantasties. Alles was perfek, met wonderlike fasiliteite en 'n heerlike tuisgebakte brood om ons te verwelkom!
Apr 2025
Christo P
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik, reen in die nag baie lekker. Heerlik, vriendelike en hulpvaardige personeel. Broodjie was uitstaande.
Feb 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Hercules Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 24

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • R360, Dreghorn Farm, Askham, 8813, Noord-Kaap
  • Gaste dink Dreghorn Kalahari Game Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 500
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 500
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 44 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R360, Dreghorn Farm, Askham, 8813, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb56315a70f8b08b91c6a7e379005d68d0b746b965242cb4d26444e48f369cffd6666d8c99aa4a3fdb9e5f2f934861647891e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R500 per nag, vir 2 mense 24 5 1 5 R360 Dreghorn Farm 8813 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.858083 20.778081
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang