Driftwood Manor
Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 21 Aug 2025 tot 30 Nov 2025.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 47 Eleventh Street, Shelley Point, St Helena Bay, 7390, Wes-Kaap
-
Vanaf
R8 745R6 122 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Driftwood Manor is ‘n luukse selfsorg-villa in Shelley Point, St. Helenabaai. Dié strandfront-villa bied ‘n pragtige uitsig oor die see en tuin en is perfek vir die hele gesin of ‘n groep vriende wat ‘n rustige vakansie kort.
Dié villa is smaakvol ontwerp en bied slaapplek aan 10 gaste. Dit beskik oor 5 slaapkamers en 5 badkamers. Die hoofslaapkamer het ‘n dubbelbed en ‘n en suite-badkamer met ‘n stort, toilet en wasbak. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen ‘n dubbelbed en ‘n en suite-badkamer met ‘n stort, toilet en wasbak. Die ander 2 slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens en ‘n en suite-badkamer met ‘n stort, toilet en wasbak. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien. Gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea het ‘n sitarea, eetarea en ‘n kombuis. Die kombuis is met ‘n gasstoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die kombuis het ook ‘n toonbank met 3 stoele. Die eetarea het ‘n etenstafel met sitplek vir 8 gaste. Daar is gemaklike rusbanke, ‘n koffietafel, kaggel en ‘n TV met Netflix in die sitkamer.
Die stoep het ‘n ingeboude braai en ‘n eetarea. Gaste kan gerus van die komplimentêre WiFi gebruik maak en die rustige omgewing, vars seelug, mini-gholf of die pragtige uitsig oor die tuin geniet. Gaste kan al die geriewe tydens beurtkrag benut, aangesien sonkrag gebruik word.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Sune Geverifieer
Eiendomme 16
Resensies 110
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- 47 Eleventh Street, Shelley Point, St Helena Bay, 7390, Wes-Kaap
- Gaste dink Driftwood Manor het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 47 Eleventh Street, Shelley Point, St Helena Bay, 7390, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang