Successfully reported
+29

Drummers Nest

  • Kapasiteit: 11 persone
  • Geen kinders onder 5
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 53 May Avenue, Adamayview, Klerksdorp, 2571, Noordwes
  • Vanaf R350 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Drummers Nest is in Klerksdorp geleë en bied 3 selfsorg-eenhede wat altesaam tot 11 gaste kan akkommodeer. Eenhede 1 en 2 is op dieselfde deel van die eiendom geleë, terwyl Eenheid 3 apart is.

Eenheid 1 bestaan uit 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n privaat badkamer met 'n stort. Die leefarea kan ingerig word met 'n koninggrootte bed, wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word, en het ook 'n TV met 'n DVD-speler. Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolfoond en yskas.

Eenheid 2 is ingerig met 'n koninggrootte bed, wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die privaat badkamer is toegerus met 'n stort, toilet en wasbak. Daar is ook 'n TV met verskeie DVD's wat gaste kan kyk. Die kombuis is toegerus met 'n yskassie, tweeplaatstoof, oond, tee- en koffiemaakgeriewe en eetgerei.

Hierdie 2 eenhede is ideaal vir 'n groepbespreking van 6 gaste.

Eenheid 3 bestaan uit 2 slaapkamers wat altesaam tot 5 gaste kan akkommodeer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed, en die tweede slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n driekwartbed. Die eenheid beskik ook oor 'n sitkamer met 'n TV, kaggel en 'n ekstra enkelbed. Die eenheid het ook 'n braai-area en veilige parkering. Bykomende braaigeriewe kan op aanvraag voorsien word.

Die waterstelsel is met 'n filterstelsel aan die boorgat gekoppel as gevolg van Klersdorp se watergehalte. Dit beteken dat daar geen water beskikbaar is tydens beurtkrag nie.

Parkeerplek is langs die eenheid beskikbaar. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Drummers Nest is slegs 2 km vanaf die Matlosana Mall, 2.7 km vanaf die Wilmed Privaathospitaal en 3 km vanaf die Life Anncron Hospitaal. Klerksdorp bied 'n verskeidenheid restaurante en besienswaardighede soos die Rio Hotel Casino and Convention Resort, die Faan Meintjies Natuurreservaat en die Parklands Gholfbaan vir gholfspelers, en meer.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 71 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Wynand V
5.0
Rustig, gemaklik, privaat en baie lekker. My verblyf was briljant gewees. Die gasvryheid van die mense asook 'n spesiale bedanking aan Adel wat, toe e...
Sien meer
Sep 2025
Anel H
Gesin met tieners
5.0
Friendly staff, clean and spacious unit, great for families, highly recommended. The staff were friendly and helpful. We arrived after ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Altea V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker, bekostigbare verblyf. Baie oulike en ruim plek. Baie goed ingerig en als wat 'n mens nodig het.
Des 2024
Wynand V
5.0
Sal definitief aan beveel en weer bespreek. Baie lekker gebly. Gemaklik en baie netjiese plek. Voertuig was veilig en geen bekommernisse nie.
Sep 2024
Roland D
5.0
Pleasant. Had a lovely time. Drummer's Nest is really lovely, safe, clean, and within a stone's throw from Matlosana Mall and Flamwood ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Adele Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 71

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 53 May Avenue, Adamayview, Klerksdorp, 2571, Noordwes
  • Gaste dink Drummers Nest het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 350
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 350
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 350
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Geen kinders onder 5
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 53 May Avenue, Adamayview, Klerksdorp, 2571, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA883abe9b9461db7a22cb2764674ff84faaa591de413ffb9a8a98b9183c1662bd7f72a858b55e1ac7b92caefc9175fa9aeeea?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R350 per nag (plek vir 2) 71 5 1 5 53 May Avenue Adamayview 2571 Noordwes 021 201 8901 14:00-20:00 09:00 -26.846301673108 26.692428833135
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang