Dune Ridge Main House
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 8 Blombos Close, Bek Bay, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Vanaf R6 350 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Dune Ridge Main House is 'n luukse selfsorg-vakansiehuis op Bekbaai se strand, in Paternoster geleë. Die eenheid het 'n panoramiese 270°-uitsig oor die see. Die huis is 2,4 km vanaf die Columbine Natuurreservaat en die Cape Columbine-vuurtoring.
Dié huis beskik oor 3 en suite-kamers. Die hoofslaapkamer het 'n pragtige see-uitsig, koninggrootte-bed en 'n volledige badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n uitsig oor die see en die vuurtoring en het 'n groot instapstort en aparte toilet. Die koninggrootte-bed kan in 2 enkelbeddens omskep word, op versoek. Die derde slaapkamer het dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, aparte toilet. Die ruim leefarea is ideaal vir onthaal met 'n oopplan-uitleg met 'n sitkamer, eetkamer en kombuis wat toegang bied deur stapeldeure tot 'n patio met 'n braai-area.
Die ten volle toegeruste kombuis het 'n binnebraai, gastoebehore, wyn-yskas en 'n sitkamer met 'n houtkaggel. Daar is ook 'n spens, wasgoedkamer, gaste-toilet en 'n enkelmotorhuis met 'n outomatiese deur en motorafdak. Die huis is rolstoelvriendelik en eko-vriendelik. Gratis WiFi en parkeerplek word voorsien. Daar is ook 'n TV met DStv Explora. Die huis word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae.
Daar is verskeie doendinge en besienswaardighede in Paternoster soos, strande, kajak, vlieërbranderry, visvang en gholf.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Reservations Geverifieer
Eiendomme 68
Resensies 1905
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- 8 Blombos Close, Bek Bay, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Gaste dink Dune Ridge Main House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 8 Blombos Close, Bek Bay, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang