Successfully reported

Vista al Mar

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.5
Andrid-lee F
Kort verblyf
5.0
Aug 2025

Was fantasties, ek en my partner het dit baie geniet. Alles van die plek was a. Die uitsig was baie pragtig. Dit was baie wonderlik, sal definitief weer daar boek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Celia
Vista al Mar
Baie dankie. Ons sien uit na julle volgende kuier!

Pierre L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2025

Plek is netjies en goed uitgerus. Baie lekker plekkie, beslis waarde vir geld.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Santie K
Kort verblyf Besigheidsreis
5.0
Mrt 2025

Pragtige uitsig, geriewe baie goed, vriendelike gasvrou. Baie lekker gebly. Die eenheid is baie gerieflik en skoon. Die uitsig is baie mooi. Celia is 'n vriendelike en goeie gasvrou. Ek beveel Vista al Mar baie sterk aan, ek sal graag weer daar wil bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Estelle L
Kort verblyf
5.0
Feb 2025

Rustig. Daar was alles wat ek nodig gehad het. Ek het baie lekker gebly. Die seeuitsig was fantasties. Die woonstel was netjies en skoon. Ek het geen klagtes nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Hester G
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2025

Baie lekker ontspan en die pragtige see uitsig was 'n bonus. Ons het heerlik gebly en die plek was netjies en het oor alles beskik wat ons benodig het. Pragtige see uitsig. Aan die negatiewe kant was daar eers na ons reeds ons betaling gemaak het, gemeld dat daar steil plaveisel langs die huis en steil trappe is wat na die eenheid lei. Boonop het dit op die oggend van ons vertrek gereën en die trappe is dan baie glad met geen 'anti-slip adhesive tape' op die trappe nie. Ek sal dit beslis nie aanbeveel vir bejaarde mense nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Celia
Vista al Mar
Hi Hester Ek is bly julle het lekker gekuier. Jammer dat die trappe 'n probleem was. Ons het nog nooit voorheen 'n klagte daaroor gehad nie, aangesien die trappe in die eenheid se beskrywing genoem word. 'n Mooi seeuitsig gaan ongelukkig gewoonlik gepaard met hoogte en derhalwe trappe. Dankie vir jou goeie raad, ons sal daaraan aandag skenk. Groete Celia

Dawie V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Mrt 2025

Baie lekker gerus en dit is baie stil. Baie lekker gebly. As ek 'n voorstel kan maak, sal 'n handreeling vanwaar parkeer af na die woon eenheid aangebring word a.g.v. die skuinste na onder. Die trappe aan die buitekant moet grip strips hê sodat dit nie gly wanneer dit reën nie. Die dolfyne het ons ook vermaak met ons verblyf.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Ronell L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Apr 2025

Het kuier op balkon baie geniet. Pragtige uitsig. Netjiese goed ingerigte woonstel. Ons was gewaarsku oor trappe vir ouer mense, maar was nie voorbereid op wat op ons gewag het nie. Andersins baie geniet.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Elizabeth V
Kort verblyf Gesin met tieners
4.4
Mrt 2025

Mooi uitsig, netjies. Ons het lekker gebly, maar ek moet sê as my ma saam moes wees, sou sy nie die styl afdraande kon afgaan nie en ook nie op by die trappe nie. Veral met ons tipe bagasie was dit nogal uitputtend om op en af te gaan. Ek was nie tevrede met die feit dat iemand moes ingekom het terwyl ons weg was, en die fan se plug afgesit het wat ons per ongeluk aangelos het nie. Ons oond het ook nie gewerk nie, wou 'n butternut bake maak, maar het die heeltyd die krag getrip.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Jenny H
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.0
Aug 2025

Rustig. Ja, het lekker gebly.

Netheid
5.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Amanda K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.0
Jun 2025

Netjiese woonstel met see uitsig. Ons het baie lekker gebly! Die eenheid is netjies en goed versorg met ’n pragtige uitsig oor die see – regtig ’n groot pluspunt. Die linne is van goeie gehalte en daar is genoeg pakplek en hangruimte vir klere, wat die verblyf baie gerieflik maak. Die eenheid is egter baie koud gedurende die wintermaande. ’n Gasverwarmer sou definitief ’n waardevolle toevoeging wees om die ruimte warmer en meer gemaklik te maak. Ons waardeer wel die elektriese kombers wat voorsien is – dit het baie gehelp om snags warm te bly, dankie daarvoor! Die water in die stort kon beslis ’n bietjie warmer wees. Verder het die kombuis mooi moderne kaste, maar dit is toegerus met slegs die basiese eetgerei en kooktoerusting. ’n Paar bykomende items soos skerp messe, plastiekbakkies, en sout- en peperhouertjies sal ’n groot verskil maak vir gaste wat graag self kos wil maak. Laastens, die WiFi was uitstekend – sterk genoeg om sonder enige probleme TV te stroom. Baie dankie vir die gasvryheid – ons het dit waardeer!

Netheid
5.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Celia Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 40

Op LekkeSlaap 1 jaar

Vanaf
R 750
per nag (plek vir 3)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 750
per nag (plek vir 3)
Vanaf
R 750
per nag (plek vir 3)
Bespreek
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10a P.Repens Street, Danabaai, Mossel Bay, 6506, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3225782b1e74799bd632018fffcc4c77e6d99818c865592678bd85fab7db00ca6af8ee72acd795392acb920ccc2e1ba7fa8b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 3) 10 5 1 5 10a P.Repens Street Danabaai 6506 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -34.20474 22.037034

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang