Elegance on Beach
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 46 Beach Road, Welgelegen Apartments, Van Ryneveld, Strand, 7140, Wes-Kaap
- Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Dié lieflike strandfrontwoonstel is in Kusweg in die Strand geleë waar daar 'n rits restaurante, koffiewinkels en roomyswinkels is om te besoek. Dit is ook naby Strand Gholfklub en Helderberg Natuurreservaat.
Die woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak.
Die ruim, oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, wasmasjien, tuimeldroër, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n etenstafel met stoele, 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV sodat gaste by hul eie Netflix- en DStv-rekeninge kan inteken. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Die woonstelgebou se hysbakke werk tydens kragonderbrekings en die woonstel het veilige onderdakparkeerplek vir 1 voertuig.
Gaste het ook toegang tot die gemeenskaplike tennisbaan en braai-area. Avontuurlustige gaste kan die strand vir seilplankry, duik en visvang besoek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Ben Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 10
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- 46 Beach Road, Welgelegen Apartments, Van Ryneveld, Strand, 7140, Wes-Kaap
- Gaste dink Elegance on Beach het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 46 Beach Road, Welgelegen Apartments, Van Ryneveld, Strand, 7140, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang