Successfully reported
+48

Elements Private Golf Estate Lodge 296

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portion 9 Elandsfontein Farm Cyferfontein, District Cyferfontein Road, 296 Lodge, Elements Golf Estate, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Vanaf R5 350 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Elements Private Golf Estate Lodge 296 is 'n privaat selfsorghuis wat ideaal geleë is in die Elements Private Golf Reserve in die Waterberg-streek. Die Elements Private Golf Reserve is 185 km vanaf Johannesburg, en 23 km buite Bela-Bela geleë.

Die huis het slaapplek vir tot 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en suite-badkamers, en 'n sentrale oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamers is in 2 slaapvleuels apart van die hoofleefarea geleë en elk beskik oor 2 slaapkamers. Twee van die slaapkamers het 'n koningingrootte-bed, en die ander 2 slaapkamers het elk 2 driekwartbeddens. Elke slaapkamer het lugversorging en het 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort asook 'n privaat buitestort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n yskas-vrieskas, stoof en oond, 'n mikrogolfoond en 'n opwaskamer met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die ruim leefarea beskik oor sitplek, 'n staanwaaier, 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en 'n ingeboude kaggel. Die leefarea maak oop na 'n onderdakstoep met buite-eetmeubels en 'n ingeboude braai. Dit lei weer na 'n boma met sitplek en 'n braai-vuurput. Die boma sluit aan by 'n lieflike dek met sonstoele en 'n privaat swembad.

Die huis bied 'n toesluitmotorhuis met gerieflike parkeerplek vir 4 voertuie.

Elements Private Golf Reserve spog met 'n 18-putjie Peter Matkovich US PGA Championship Gholfbaan met gereelde kompetisies. Die natuurlike wildspesies wat vry rondloop sluit in koedoes, njalas, rooibokke, blouwildebeeste, sebras, blesbokke, rooihartbeeste en bergrietbokke. Lodge 296 spog met besonderse uitsigte oor die bosveld so ver as wat die oog kan sien.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 4 Badkamers, 4 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 25 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.3
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Nothando V
Saam met vriende
5.0
Beautiful place with amazing views. It was perfect, thank you.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2025
Mariaan B
5.0
Ongelooflike lekker wegbreek saam met vriende. Dit was een van die lekkerste wegbreke uit die stad vakansies. Die kamers en die view is amazing. Ons h...
Sien meer
Apr 2025
Michelle S
Saam met vriende
5.0
Amazing, breathtaking. We were staying at 296 for two days, 30th August till 01 September 2024. The place is amazing. Very clean and sa...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Maredi T
Gesin met klein kinders
5.0
Amazing. It was fantastic, the view, the heated pool, and the rooms are very spacious!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2024
Sharon M
Saam met vriende
4.6
Great. It was a great stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Marguerite Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 37

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Portion 9 Elandsfontein Farm Cyferfontein, District Cyferfontein Road, 296 Lodge, Elements Golf Estate, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Elements Private Golf Estate Lodge 296 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 5 350
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 5 350
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R 5 350
per nag (plek vir 8)
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portion 9 Elandsfontein Farm Cyferfontein, District Cyferfontein Road, 296 Lodge, Elements Golf Estate, Bela-Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAffbafc9e85b733db8e3c4b90fdefa051c2b63d7dc4672fd77ee2c924bde95354318410db1d7ef3de085649e366c426a84393?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 350 per nag (plek vir 8) 25 5 1 5 Portion 9 Elandsfontein Farm Cyferfontein, District Cyferfontein Road 296 Lodge, Elements Golf Estate 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.801479747071 28.147343412342
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang