Successfully reported
+61

Elizabeth Farm Stay

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: R26, Elizabeth Farm 220, Fouriesburg, 9703, Vrystaat
  • Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Elizabeth Farm Stay bied gerieflike selfsorgverblyf op 'n plaas tussen Bethlehem en Fouriesburg.

Die selfsorghuis bied slaapplek aan 18 gaste en beskik oor 6 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n driekwartbed. Die vierde slaapkamer het ook 'n dubbelbed en 'n driekwartbed, die vyfde slaapkamer het 'n dubbelbed en die sesde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n dubbelbed. Elkeen van die 2 aparte badkamers het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplanleefarea beskik oor 'n kombuis met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, lugbraaier, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n tafel met stoele. Langs die kombuis is daar 'n etenstafel met sitplek vir 6 en 'n sitarea met 'n kaggel. Gratis WiFi is beskikbaar. Daar is ook 'n knus TV-kamer.

Die selfsorgwoonstel bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 2 enkelbeddens in die derde slaapkamer. Die gedeelde badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof en -oond, mikrogolf, lugbraaier, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is. Langs die kombuis is 'n etenstafel met sitplek vir 6 en 'n sitarea met 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar.

Buite is daar 'n onderdakstoep met 'n ingeboude braai en sitplek. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Willem V
Gesin met klein kinders
5.0
Great friends and family memories to be made! We had a fantastic stay at Elizabeth Guest House. The beautifully preserved historic home...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Sune T
Saam met vriende
5.0
Ons kan nie wag om weer te kom kuier nie. Ons het so lekker gebly. Dit was die perfekte wegbreek van die stad af. So mooi en stil. Die huis het alles ...
Sien meer
Jun 2025
Susan W
Gesin met tieners
5.0
Pragtig, rustig en gerieflik! Die plaas is pragtig en baie rustig, presies wat ons gesoek het! Die woonstel is baie gemaklik ingerig en het alles wat ...
Sien meer
Apr 2025
Arina V
Saam met vriende
5.0
Het ongelooflik lekker gekuier. Mooiste uitsig van berge. Baie gasvrye mense. Het baie lekker gebly.
Mrt 2025
Cayla T
Saam met lewensmaat
5.0
Asemrowende mense en 'n onvergeetlike uitsig. Dankie vir die wonderlike naweek en kliëntediens. Ek en my man het die heerlike natuuruitsig vreeslik ge...
Sien meer
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Marisca Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • R26, Elizabeth Farm 220, Fouriesburg, 9703, Vrystaat
  • Gaste dink Elizabeth Farm Stay het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 800
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 800
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 1 800
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: R26, Elizabeth Farm 220, Fouriesburg, 9703, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa97f0278deb35d33ba9c2b41efa8c26b0b55bd77c8ffd76d2ef40a599cd44f86209a6cd2d9139b713c7fdb7f7f52a8e082c5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6) 6 5 1 5 R26 Elizabeth Farm 220 9703 Vrystaat 021 201 8901 14:00-18:00 11:00 -28.487132582117 28.142063306241
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang