Successfully reported
+31

Ellefsen Golf Suite 108

Selfsorg
Spesiale Aanbod 33% af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vir verblyf vanaf 7 Aug 2025 tot 12 Des 2025.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ellefsen Road, Ellefsen Estate 108, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 429 R1 620 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Ellefsen Golf Suite 108 is 'n lieflike selfsorgwoonstel in die pragtige Ellefsen-gholflandgoed in Langebaan en is ideaal vir 'n gesinsvakansie aangesien dit stapafstand van die klubhuis en die gemeenskaplike swembad af geleë is.

Dié woonstel op die eerste verdieping het slaapplek vir 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en maak gebruik van die tweede badkamer met 'n bad. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea het hoë plafonne en 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n sentrale etenstafel. 'n Wasmasjien en 'n tuimeldroër is ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV met 'n volledige verskeidenheid DStv-kanale. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Deur die glas-skuifdeure is daar 'n onderdakbalkon met 'n ingeboude braai asook 'n tafel en stoele wat 'n ideale plek is vir 'n oggendkoffie of 'n skemerkelkie terwyl jy die omliggende Gary Player-ontwerpte gholflandgoed bewonder. Gaste kry veilige parkeerplek in 'n toesluitmotorhuis.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Kaggel
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Albert Geverifieer

Eiendomme 63

Resensies 345

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Ellefsen Road, Ellefsen Estate 108, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ellefsen Golf Suite 108 het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 429
R 2 429 R 1 620
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R2 429
R 2 429 R 1 620
per nag (plek vir 4)
Vanaf R2 429
R 2 429 R 1 620
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ellefsen Road, Ellefsen Estate 108, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1a78fa886381836108a61295d90dcc3ffa0c123c9a2c8b18d39532668cb6437cabb0b126cdf45e94f4dd2f6d7c1e80e44688?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 429 nouVanaf R1 619 per nag (plek vir 4) 1 5 1 5 Ellefsen Road Ellefsen Estate 108 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 16:00-19:00 10:00 -33.076823336585 18.047422260049
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang